Share

Haaie klop hulself

“Dit was een van daai dae wat net niks vir ons wou regloop nie.

“Ons was oorgehaal vir dié wedstryd, maar ons kon nooit aan die gang kom nie.”

Só het die Haaie se kaptein, Bismarck du Plessis, Saterdag in Christchurch geweeklaag nadat die Crusa­ders dié halfeindstryd in Superrugby maklik met 38-6 gewen het en nou Saterdag in Sydney die Waratahs in die eindstryd pak.

“Ons was ons eie grootste vyand met al die foute wat ons begaan het en dit het meegebring dat ons nie uit ons eie gebied kon kom nie,” het ’n teleurgestelde Du Plessis agterna gesê.

Kieran Read, die Crusaders se kaptein, het gesê: “Ons sal alles in die eindstryd werp, al is dit weg van die huis af en in moeilike omstandighede.”

Ja, fluit-fluit, Suid-Afrika se Superrugby-storie is uit.

Die een fout ná die ander het die Haaie duur te staan gekom.

Dit was ’n vernedering op sy ergste vir die laaste oorblywende Suid-Afrikaanse span in die reeks.

Dit was die Haaie se swakste vertoning van die seisoen.

Sommer al in die eerste minuut is hulle gestraf vir onkantspel – en het Dan Carter se akkurate hotklou die tuisspan die voorsprong besorg wat hulle nooit weer sou prysgee nie.

Die Haaie se taktiese skopwerk én lynstaanspel was skokkend.

Patrick Lambie het ’n nagmerrie-terugkeer as losskakel gemaak en kon omtrent net mooi niks regdoen met sy skopwerk kantlyn toe nie. Ook sy korrelwerk pale toe was maar beroerd, want hy het net voor én ná rustyd kanse verspeel om met strafskoppe te slaag.

Frans Steyn en SP Marais het self baie foute met hul taktiese skopwerk begaan. Die ordentlike lynstane wat hulle op hul eie ingooi kon wen, kon omtrent op een hand getel word.

Met die Crusaders se eerste drie deur Reid, het die senter Paul Jordaan ’n swak skop geskop en toe ’n halfhartige duikslag op Read uitgevoer, wat hom laat deurkom het.

Die drie deur die makro-vleuel Nemani Nadolo in die tweede helfte, wat die uitslag bo alle twyfel geplaas het, was nadat die Haaie ophou speel het toe hulle gedink het die skeidsregter gaan sy fluitjie vir ’n strafskop teen hulle blaas.

Die Haaie se skrum was in trurat vir die ‘Saders se derde drie deur die plaasvervanger-skrumskakel Willi Heinz, wat die bal opgepik en deurgedraf het.

Verdere sout is in die wonde gevryf met die drieë van Johnny McNicholl en die flank Matt Todd.

In daardie laaste 20 minute van die wedstryd, met die uitslag veilig in die sakkie, kon die Crusaders maak en breek soos hulle wou en was daar net een span op die veld – en dit was beslis nie die ouens in die swart truie nie.


Op pad planke toe. . . die Haaie se Springbokflank Willem Alberts probeer gister in Christchurch vergeefs om ’n bal uit die lug te pluk. Foto: MARTIN HUNTER/GETTY IMAGE

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 418 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 880 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE