Share

Haaie wen, maar rugby verloor

Suid-Afrikaanse rugby het dalk selfs groter probleme as wat die swartgalliges ons wil wysmaak.

Dís al afleiding wat jy kan maak ná die getjommel wat Saterdag hier op Kingspark in Durban opgedis is in die Haaie se Super-rugbysege met 19-8 oor die Cheetahs.

As daar vanjaar ’n swakker wedstryd as hierdie in Super-rugby gaan wees, moet jy maar net hoop jou swaarverdiende kontant gaan nie bestee word om dit gade te slaan nie.

Word daar ooit ’n video gemaak van hoe rugby nie gespeel moet word nie, sal hierdie wedstryd gebruik word.

Of dit nou die luilekker vakansieluim is wat die land beetgepak en na die spelers oorgespoel het, sal ’n mens nie weet nie, maar ai, daar moes ’n ouderdomsbeperking op hierdie een gewees het.

Sommer al in die eerste minuut moes die Haaie die krieweling begin kry het dinge gaan nie so glad verloop soos hulle dit beplan het nie, toe Tim Swiel ’n strafskop voor die pale verbrou het.

Hy het dit in die laaste minuut van die eerste helfte herhaal met ’n skop wat die tuisspan die voortou sou laat neem het in ’n hoogs oninspirerende helfte.

Waarom die groentjie Swiel aanvanklik met die stelskopwerk toevertrou is, terwyl jy die betroubare kanonpoot van Frans Steyn het, weet nugter alleen.

Met die vrotsigheid van die eerste 40 minute, moes die toeskouers gemeen het ’n middag op die strand sou ’n veel beter proposisie gewees het.

Trouens, só swak was dit, dat ’n besoek aan die stadsbiblioteek veel meer opwindend sou wees.

Dit was fout ná fout ná fout wat deur albei spanne begaan is.

Net by enkele geleenthede was daar stukkies spel om opgewonde oor te raak. Heinrich Brüssow het in sy eerste wedstryd van die seisoen ’n goeie duikslag op Lwazi Mvovo uitgevoer en besit afgeneem.

Later in daardie selfde beweging het Beast Mtawarira by twee geleenthede prominent met die bal gehardloop, maar soos deurgaans in dié helfte, het dit op niks uitgeloop nie.

Brüssow se kenmerkende wit skrumpet was heel opvallend, terwyl die Haaie ’n paar keer gedreig het om aan die gang te kom, maar helaas.
Die telbord was ook met vakansie in daardie eerste helfte en het net twee keer beweeg. Die spanne het op 3-3 gaan herbesin.

Dit was onvermydelik dat die eerste drie van ’n fout, eerder as konstruktiewe spel, sou kom – en dit was ook net so toe daar op ’n lynskop van Steyn afgestorm is en Ryno Benjamin gaan druk het.

Die Haaie het in die laaste paar minute uit hul slaap wakker geskrik, maar selfs dít het nie op veel uitgeloop nie.

Punte:
Haaie 19 (3): Drie: Jean Deysel. Doelskop: Frans Steyn. Strafdoele: Tim Swiel, Steyn (3).
Cheetahs 8 (3): Drie: Ryno Benjamin. Strafdoel: Elgar Watts.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 491 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 522 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE