Share

Haka laat Handré ril

Toe die Springbokke twee naweke gelede in Wellington deur die All Blacks getroef is, was dit die eerste keer dat Handré Pollard teen ’n Nieu-Seelandse nasio­nale span verloor het.

Nadat hy in vier wedstryde in Junior Wêreldbeker-toernooie aan die wenkant teen die Baba Blacks was, moes dit ’n mens seker nie té veel verras het dat die jong Bok-losskakel sy vuurdoop so goed deurstaan het nie.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring; jissie – jy droom daarvan as ’n jong laaitie en om dit te kan beleef . . . Die haka is ’n besonderse ding in wêreldrugby en ek is bly ek het die voorreg gehad om dit die eerste keer in Nieu-Seeland te ervaar, waar die skare stilbly en jy dit behoorlik kan hoor,” sê hy aan Rapport.

Ondanks soveel welslae in ’n relatief kort rukkie, is Pollard se voete duidelik plat op die aarde. Hy lyk so kalm op die veld, want hy ís so kalm.

“Ek is van nature rustig. My pa-hulle is ook só. En op die veld geniet ek dit. Ek speel omdat dit lekker is.”

Weg van die rugbyveld af speel hy graag ’n potjie gholf en geniet hy die natuur: “Dis een van my gunsteling-dinge om te gaan wild kyk in die Pilanesberge. Jy kry jou kop lekker skoon daar en jy dink aan ander dinge as rugby.”

Maar hy dink gráág aan rugby. Dié gogga het hom as sesjarige gebyt: “My eerste wedstryd was vir Somerset-Wes Primêr. My pa het daar afgerig. Sommer met daai heel eerste wedstryd was dit verby met my. Rugby was dadelik ’n gróót ding.”

Gepraat van grootte: een van die redes dat iemand nog hier en daar skepties is oor Pollard, is dat hy yslik is vir ’n toplosskakel – 1.88 meter. Hy gee toe dít bring komplikasies: “Daar is klein dingetjies soos die spoed van die bal na jou voet toe. Maar daar is darem net op een van my skoppe in vanjaar se Superrugby afgestorm. “Groter ouens kan nou weer die bal makliker oor die voordeellyn vat. Daar is dus positiewe én negatiewe dinge.”

Hy sê hy werk nog steeds hard aan elke aspek van sy spel: “Niks in jou game is ooit goed genoeg nie.

“As jy aanhou wil speel vir die Bokke, moet jy aanhou verbeter.”

Selfs daai eksieperfeksie-aangee van hom? Dié is ook oefening en nie aangebore nie, sê hy.

“Ek het van kleins af buite saam met my pa gestaan en rugbyballe aangee. Hy’t baie tyd met my deurgebring. Die aangeewerk het maar só verbeter.

“Dis die belangrikste ding daai – jy moenie op skoolvlak té ernstig raak oor gym nie. Kry eerder dinge soos aangee onder die knie. Dis belangriker as om groot te wees,” gee hy raad vir ander wat Bok-drome droom.

Kortliks

* Pollard was maar agt jaar oud toe sy kaptein en binnesenter, Jean de Villiers, vir die Springbokke begin speel het. Oor 100 toetse sien jong Bokke heel moontlik na hom op soos hy nou na De Villiers. Sy tafel is gedek vir ’n goue toekoms. ’n Groen-en-Goue toekoms.
* Gebore: 11 Maart 1994 in Somerset-Wes
* Hoërskool: Paarl Gimnasium
* Lengte: 1.88 meter
* Gewig: 97 kg
* Toetse: 5
* Punte: 37
* Gunsteling-kos: Steak
* Gunsteling-musiek: Afrikaans
* Gunstelingrolprent: ‘Fast Five’





We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 937 votes
No! It's time to move on ...
33% - 454 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.11
+1.4%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.60
-0.3%
Palladium
959.50
-3.1%
Gold
2,336.57
+0.2%
Silver
27.26
-0.6%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE