Share

Hardloopplan 'boemerang'

"Ek kies ’n opwindende agterlyn om hardlooprugby te speel – en dan reën dit soos nog nooit tevore in Pretoria nie.”

Heyneke Meyer, die Springbok-afrigter, het Saterdagaand ná die armdruk-toets teen Argentinië net sy kop geskud toe hy uitgevra is oor die sopnat toestande op Loftus Versfeld.

“Ek is bly ons het hierdie een deurgetrek. Ek moet eerlik wees, enige span kon gewen het.

“Toe dit begin reën, het ek geweet dit gaan ’n 50/50-toets wees.”

Meyer het groot lof gehad vir die besoekers.

“Baie van hul spelers speel in Europa en is gewoond aan sulke toestande. Dit het in ’n skopstryd ontaard en jy kon nie teen-aanval nie.”

Die Bok-afrigter het toegegee die Poemas was in die pylvak bitter naby aan ’n gelykop-uitslag.

“Dit was een van daardie wedstryde wat jy karakter moes wys. Daar was twee dryfbewegings aan die einde waar ons moes walgooi en ons het uitstekend verdedig.

“Ek is trots op die ouens. Ons het ’n 20-jarige losskakel (Handé Pollard) gehad en ’n 21-jarige (Lood de Jager) wat aan stuur van die lynstane was.”

Meyer was nie tevrede met die wyse waarop sy span in die eendeweer aangepas het nie.

“Ons speel tans puik aanvallende rugby, maar jy moet in nat toestande óók kan speel. Dit is iets waaraan ons moet werk, want ons gaan dit weer kry in die Wêreldbeker-toernooi.

“Hierdie was die regte wedstryd op die regte tyd in daardie opsig en ek is net bly ons kon wen.”

* Jean de Villiers, die Bok-kaptein, het gesê hy is spyt sy span kon nie die toets op ’n droeë Loftus speel nie.

“Dit was bykans onmoontlik om die bal te hanteer. Die toestande was veel erger as wat ons verlede jaar in Europa teëgekom het.

“Dit is waarskynlik die slegste toestande waarin ek nóg gespeel het.”

Meyer sê hy sou Pretoria graag met ’n bonuspunt wou verlaat.

“Veral hier op Loftus, waar ons nog altyd goed gespeel het. Maar dit kon net so maklik ’n gelykop-uitslag gewees het.”

* Meyer hou intussen duime vas dat Juan Smith betyds van sy dyspierbesering sal herstel ná Willem Alberts se besering.

Die Bok-afrigter het aangedui hy sal dit selfs oorweeg om Alberts se plaasvervanger – die Leeus-kaptein, Warren Whiteley – in die beginspan te oorweeg.

“Warren beïndruk my baie. Ek was nog altyd bekommerd dat ons niemand het om agtsteman te speel, sou Willem seerkry nie.

“Ons het ’n spesialis-8 nodig en ons sou in die moeilikheid gewees het as Duane (Vermeulen) vanaand moes afkom met ’n besering. Warren is ’n uitstekende leier en bied jou baie in die lynstane.

“Dit gaan alles afhang van Juan se besering.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 454 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 867 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
-0.4%
Rand - Pound
23.69
-0.3%
Rand - Euro
20.23
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.21
+0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
971.60
-0.4%
Palladium
1,017.50
-0.5%
Gold
2,387.72
+0.2%
Silver
28.22
-2.3%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.1%
All Share
73,000
-2.0%
Resource 10
61,638
-3.5%
Industrial 25
98,321
-1.8%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE