Share

Kampioen geklop

Daar sal vanjaar ’n nuwe kampioen in die Beeldtrofee vir makroskole gekroon word.

Garsfontein het die eerste keer in sy geskiedenis tot die eindstryd van dié reeks deurgedring deur die verdedigende kampioen, EG Jansen, verrassend in sy agterplaas met 32-29 te troef.

In die ander halfeind van dié afdeling het die Hoërskool Nelspruit se Rhinos vir Monument met 24-19 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

Garsies se rotsvaste verdediging het aan hulle die sege besorg.

Hoewel EG Jansen vyf drieë teenoor die vier van Garsfontein gedruk het, moes hy veel harder werk om die voordeellyn – én die doellyn – oor te steek.

Die span se flank en kaptein, Ruan Ackermann, het sy span met sy spel geïnspireer.

Die wenspan moes boonop sonder sy twee Suid-Afrikaanse skolespelers – die skrumskakel Embrose Papier en die haker Jan-Henning Campher – klaarkom.

Campher is ook die span se gereelde kaptein, terwyl die skitterende binnesenter Franco Naude, boonop weens ’n besering nie beskikbaar was nie.

EG Jansen het in die tweede helfte met ’n reuse-terugvegpoging vorendag gekom en met sy vyfde drie – die kaptein en slot, Quinton van der Schyff, se tweede van die kragmeting – die telling met 29-29 gelykop gemaak.

As die telling só gebly het, sou die span van Boksburg ’n kans gekry het om sy titel volgende week te verdedig.

* Op sy beurt het Grey-kollege nie veel probleme ondervind om Maritzburg-kollege met 46-20 die loef af te steek nie.

Die span se bonkige loskopstut, Callie Janse van Vuuren, en slot Tabu Maree het elk twee keer die besoekers van Pietermaritzburg se doellyn oorgesteek.

Dit was die eerste keer sedert 2008 dat dié spanne mekaar op die rugbyveld gepak het.

*  In Stellenbosch het Paul Roos-Gimnasium vir Boland- Landbou met 43-32 getroef.

Die span van die Eikestad het in ’n stadium met 41-20 voorgeloop.

*  Die Hoërskool Klerksdorp en Transvalia sal mekaar in die eindstryd van die Beeldtrofee vir grootskole pak.

Klerkdorp was met 8-0 baas teen Standerton in ’n modderbad op sy tuisveld.

*  In die ander halfeind het Transvalia eers laat in sy wedstryd teen die Hoërskool Tuine die voortou geneem om eindelik met 30-22 koning te kraai.

In ander Beeldtrofee-halfeindkragmetings was Vryburg en Hans Strijdom in die mediumskole-afdeling te sterk vir onderskeidelik Brandwag (34-13) en Wesvalia (28-17).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 295 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 413 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
-0.4%
Rand - Pound
23.99
-0.4%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.37
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Platinum
904.37
+0.8%
Palladium
1,014.65
+1.3%
Gold
2,209.01
+0.7%
Silver
24.67
+0.1%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,311
+0.9%
All Share
74,499
+0.8%
Resource 10
57,075
+2.5%
Industrial 25
104,076
+0.8%
Financial 15
16,473
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE