Share

Kenners: Duane, bank hak knoop deur

Van die land se rugbykenners was gister nét so verstom deur die Springbokke se fantastiese eindpoging teen die Wallabies op Nuweland, as die meeste rugbykykers.

“Daar was ’n lang tyd dat ons glad nie die bal gehad het nie, waarin ek regtig baie bekommerd was,” het De Wet Barry, ’n voormalige Springbok-senter, gesê.

“Dit was wonderlik dat ons verdediging gehou het en toe ons eers weer die bal kry, het die wedstryd geswaai.”

Volgens Barry was die Bok-agsteman Duan Vermeulen uitstekend tot hy beseer is.

“Hy het uitgetroon op die verdediging en by die afbreekpunte.”

Volgens Barry het Heyneke Meyer boonop dié keer sy plaasvervangers reg aangewend.

“ ’n Ou soos Schalk Burger het beslis ’n verskil gemaak met sy werkverrigting, maar ek het nie gedurende die wedstryd juis gedink ons sou vier drieë druk nie. Dit was regtig ’n baie lekker eindpoging.”

Barry het ook die senter Jan Serfontein en die flank Marcell Coetzee uitgesonder.

“En vir Jean (de Villiers) om daardie twee drieë te kry was baie spesiaal,” het hy bygevoeg.

) Nog ’n oud-Bok senter Eben Olivier reken die keerpunt het gekom toe Pat Lambie vir Handré Pollard vervang het.

“Dis nie dat ek dink Pollard het swak gespeel nie, ek dink net Lambie het iets meer na die Bokke se aanval gebring,” het Olivier gesê.

“Dis interessant hoe klein dinge wedstryde swaai. Toe Lambie daardie skepdoel oorskop het die Bokke skielik losgetrek en daardie laaste tien minute oorheers.”

Maar Olivier gee toe hy was vir ’n tyd lank bekommerd . . . 

“Ek het gedink, o blikemmer, hier kom moeilikheid, maar die skuiwe wat Meyer gemaak het, het mooi gewerk.

“Ek is maar skepties as ’n ou net vir ’n paar minute opgestuur word, maar kyk wat het Cobus Reinach toe gedoen in die kort rukkie dat hy op die veld was!

“Marcell Coetzee het uitgetroon en ek dink ons het nou gesien hoe gevaarlik Jan Serfontein kan wees as hy in ’n gaping geplaas word.”

) Volgens David Maidza, die Madibaz se afrigter, het die laaste tien minute se opwindende hardlooprugby die rigting gewys vir die Bokke.

“Dit was lekker om te sien hoe die Bokke met die bal hardloop.

“Ek dink ook Heyneke het die spelers wat kán en wíl hol en dis wat ons voortaan moet doen.

“ ’n Ou soos Willie le Roux kan selfs meer vrae aan die verdediging stel as die bal byvoorbeeld op hom geskop word.”

Ook Maidza meen die plaasvervangers het ’n reuse-aandeel gehad in die oorwinning.

“Ek is eerlik as ek sê daar was ’n tyd toe ek baie senuagtig was en ook ’n bietjie gefrustreerd toe die ouens nie ’n paar keer afgerond het toe hulle moes nie,” het hy gesê.

Vir hom was Duane Vermeulen “’n rots” op die verdediging en by die afbreekpunte.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 408 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 855 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.4%
Rand - Pound
23.62
+0.9%
Rand - Euro
20.33
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
942.30
-0.9%
Palladium
1,023.00
-0.6%
Gold
2,395.31
+0.7%
Silver
28.74
+1.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE