Die Suid-Afrikaanse netbalspan sal sy belangrike Statebond-kragmeting met Engeland vandag vol selfvertroue binnegegaan nadat hy Barbados gister maklik omgedop het.
Maryka Holtzhausen en haar spanmaats het die eilandspan met 57-36 verslaan.
Die grondslag is in die eerste helfte gelê toe ’n kliniese Protea-span net vyf doelkanse verbrou het.
Holtzhausen-hulle was teen rustyd reeds met 31-13 voor – en het die voet daarna van die versneller gehaal.
Die laaste keer dat Suid-Afrika en Engeland mekaar gepak het, was die Proteas aan die wenkant.
Om dit weer te doen, sal nie maklik wees nie.
Dit was gister duidelik toe die Britte met ’n enkele doel teen die wêreld se beste span, Australië, verloor het.
Verloor hulle teen Engeland, moet hulle die einste Aussies Woensdag klop om tot die halfeindronde deur te dring en hul medalje-droom lewend te hou.