Share

Koning Demetri

Mbombela. – Die Westelike Provinsie se bonuspunt in eergisteraand se Curriebeker-kragmeting met die Pumas was nie die enigste lekker bykomstigheid uit die oorwinning van 37-23 nie.

Met die reeks wat spoedig op sy klimaks afstuur, het die Streeptruie óók weer ’n losskakel wat spel dikteer.

Demetri Catrakilis was sy span se hartklop in die Laeveld met ’n vertoning van uitstekende afgerondheid.

Die 25-jarige generaal het oudergewoonte soos ’n skerpskutter pale toe aangelê, maar – verblydend – was dit in algehele spel waar hy uitgeblink het.

“Demetri was uitstekend,” het Allister Coetzee agterna gesê. “As daar wel ’n toekenning vir die speler van die wedstryd was, sou hy beslis daarmee weggestap het.

“Twee van die doelskoppe waarmee hy geslaag het, was baie skuins en uiteindelik deurslaggewend. Sy lynskoppe was uitstekend. Dit het die Pumas talle kere in hul eie halfgebied vasgevang.”

Dit was egter die openbaring van Catrakilis se avontuurlustige sy wat die meeste opwinding gelewer het.

Die eerste drie van Nizaam Carr en ook Michael van der Spuy se drie was albei direk aan dié losskakel se aanvallende venyn te danke.

“Hy het die Pumas heeltemal onkant betrap. Sy aangee binnetoe het ruimte vir Nizaam se drie geskep en ek was beïndruk met die breekslag wat tot ons derde drie gelei het. Dit was byna van ’n stilstaande posisie af,” sê Coetzee.

“Demetri was die rigtingwyser vir ons aanvalle en dit is bemoedigend.”

Catrakilis se kalmte het na sy spanmaats oorgespoel – veral in ’n taai tweede helfte waar die tuisspan mooi teruggeveg het.

“Die Pumas se aanvalle in die tweede helfte het ons onder druk geplaas, maar ek het gevoel ons het geestelik werklik staal gewys.”

Die Streeptruie se taak is inderdaad bemoeilik deur die beserings wat die slot Ruan Botha en die senter Van der Spuy opgedoen het.

Botha sal ’n ’n lang ruk met ’n gebreekte enkel langs die kantlyn sit, terwyl die arme Van der Spuy in volle vaart teen die linkerregoppaal vir sy drie vasgeduik het.

* Intussen is die Pumas se selfvertroue nóg ’n gevoelige knou toegedien – en hul pad na die halfeindronde word ál steiler.

“Dit was belangrik vir ons om punte uit dié stryd te kry, maar die WP se laaste drie het ons gekelder,” sê MJ Mentz, die Pumas se hulpafrigter.

“Dit is ons derde agtereenvolgende nederlaag. Dinge raak nou moeilik.

“Ons sê voor elke wedstryd vir mekaar dat ons goed moet begin, maar ons skrik té laat wakker.”

*Punte:
Drieë: Justin van Staden, Stefan Watermeyer. Doelskoppe: Van Staden (2). Strafdoele: JC Roos (2), Van Staden.
Drieë: Nizaam Carr (2), Sikhumbuzo Notshe, Michael van der Spuy. Doelskoppe: Demetri Catrakilis (4). Strafdoele: Catrakilis (3).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 392 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 542 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE