Maar dit was die besoekers wat die haas uit die hoed gepluk het – en sommer verskeur het.
Hulle was eindelik met 41-22 baas danksy ’n sterk eindpoging.
Die Leeus moes boonop die laaste agt minute klaarkom sonder die skrumskakel Ross Cronjé, wat met ’n geelkaart afgestuur is. Dié span het sy eerste drie reeds in die derde minuut gedruk, toe Jaco Kriel oorgeduik het.
Teen die 13de minuut was sy selfvertroue al genoeg om die kantlyn, en nie die pale nie, met strafskoppe op te soek.
Vyf minute ná rustyd het die tuisspan vir die eerste keer die voortou geneem, met ’n skepdoel deur losskakel George Whitehead.
Hierna het die Leeus twee strafskoppe na die pale – eerder as kantlyn toe – gemik. Dit was ’n wyse stap, want só het hulle ’n voorsprong opgebou om die Kings later met drieë deur Franco Mostert en Derrick Minnie te bêre.
* Punte:
OP-Kings 22 (19): Drieë: Strafdrie, Shane Gates, Shakes Soyizwapi. Doelskoppe: Scott van Breda (2). Skepdoel: George Whitehead.
Goue Leeus 41 (21): Drieë: Jaco Kriel, Ruan Dreyer, Schalk van der Merwe, Franco Mostert, Derrick Minnie. Doelskoppe: Ruan Combrinck (5). Strafdoele: Combrinck (2).