Share

Leeus verloor momentum; Stormers ontwaak

Een van die strate wat toegang tot Nuweland bied, het nie eens gister sy gebruiklike verkeerskonstabel gehad om mense weg te wys nie – die Stormers se seisoen is só versukkeld dat daar hope parkeerplek binne 400 treë van die stadion was.

Maar hokaai: die toernooi is darem nou eers halfpad en, al was die Stormers Saterdag weer meer gereeld frustrerend as besielend, het hulle darem weer hul Superrugby-veldtog op koers gekry deur die Leeus met 18-3 te klop.

Dis die einste Leeus wat die Kapenaars se gru-seisoen tot dusver sy patroon gegee het deur hulle in Johannesburg te verfomfaai. En meer as 20 000 toeskouers het gister opgedaag – g’n span onderaan die punteleer van Super-rugby halfpad deur die kompetisie kon dít nog sê nie.

Soos die Stormers egter lyk of hulle stadigaan onthou hulle is veronderstel om tussen die base in dié kompetisie te tel, begin dit lyk of die Leeus hul vroeë momentum verloor het.

In die eerste helfte het die besoekers gebiedsvoordeel geniet, maar dit het meer te doen gehad met die Stormers se weiering om ’n spesialis-skopafrigter aan te stel. Greg Hechter, ’n voormalige fiksheidsman, behartig dié takie nadat hy jare gelede sydelings bevorder is.

Dis seker nie net sy skuld dat Peter Grant se stelskopskoen skielik haper nie, maar hy is duidelik nie by magte om die Stormers te leer hoe om die bal verder as dertig treë uit die hand te sool nie. Dis nou al ’n jaar of drie een van hul grootste kwellinge.

In elk geval, gister het dit g’n nadelige uitwerking gehad nie.

Die Leeus het nie voorlangs genoegsaam in die prentjie gekom dat dit ooit werklik gelyk het asof hulle sou kon wen nie. Die voorwedstrydse verlies van hul kaptein, Warren Whiteley, moes baie hiermee uit te waai gehad het, want Whiteley se skakeling tussen voor en agter tel vir baie.

Die Stormers het die wedstryd reeds in die eerste helfte beklink met ’n puik drie deur Damian de Allende en ene deur die immer-indrukwekkende Nizaam Carr, wat dinge oënskynlik uitgesorteer het.

Bonuspunt vir vier drieë ná rustyd?

Nie met die Stormers nie – die verligting van ’n eerste gewonne wedstryd in ses pogings het hulle oënskynlik voet van die pedaal laat haal. Ná die omdraaislag het hulle niks uitsonderliks gedoen en niks uitsonderliks probeer doen nie.

Die gevolg was natuurlik niks uitsonderlike punte nie. Met die skrapse buitekans wat hulle het om die uitkloprondes van vanjaar se toernooi te haal, sou jy raai bonuspunte is tans ’n taamlike prioriteit, maar die Stormers is só oorgekonsentreer op verdediging dat dit lyk asof hulle nie die vaagste benul het waar om dié vandaan te kry nie.

Vir die Leeus kan die seisoen vorentoe bitter moeilik raak; ’n oorwinning in Bloem Saterdag mag die Kapenaars net ’n klein bietjie broodnodige momentum gee. Uitkloprondes? Bitter onwaarskynlik, maar dis aansienlik beter om tiende op die punteleer te eindig as vyftiende, waar die Stormers gisteroggend was.

Net jammer hulle speel steeds op die oomblik so half asof tiende orraait is.

Punte:
Stormers 18 (18): Drieë: Nizaam Carr, Damian de Allende. Doelskop: Peter Grant. Strafdoele: Grant, Demetri Catrakilis.
Leeus 3 (0): Strafdoel: Marnitz Boshoff.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 950 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE