Share

Louis de Villiers: Dít was 'n dapper poging van 'n groeiende span

Loop ek my jou werklik weer gister vas in ’n paar jansalies wat teem oor hoe vrotsig die Springbokke is en hoe uitgedien hul spelpatroon – al die clichés van stampkarre en Blou Bulle, ensovoorts, ensomeer.

Wat ek egter gesien het, was ’n dapper poging van ’n groeiende span wat so hittete die beste span ter wêreld in dié se agterplaas geklop het.

Talle meen die huidige All Blacks is die beste span ooit. Jy kan natuurlik nie verskillende eras oor dieselfde kam skeer nie, so dis ’n onsinnige debat, maar die statistieke getuig nogal vir Richie McCaw en sy manne.

Gister se toets was die All Blacks se 21ste sedert hulle laas slae gekry het – in November 2012.

Dis 36 toetse sedert die Kiwi’s laas in Nieu-Seeland verloor het. Van Suid-Afrika se laaste 52 toetse teen Nieu-Seeland het die Bokke ’n netjies afgeronde, taamlik hartseer kwart, gewen.

Dis ’n veelseggende 25%; ’n ongelukkige 13 uit 52.

Selfs in 1937, toe die All Blacks nog nie rêrig geskrum het nie en die Bokke reeds geskrúm het, was dit ’n yslike storie om toetse in Nieu-Seeland te wen. Self het ek eers toere Nieu-Seeland toe in 1981 begin volg. Daai span is gekroek, nes ’n paar spanne sedertdien, maar feit bly dat oorwinnings daar skaarser as hoendertande is.

’n Paar dom besluite en lomp foute was gister die verskil tussen wen en verloor en dit was sweerlik 25 minute soos Bismarck du Plessis nooit weer sal speel nie – maar hou dop wat doen hy nóú. Dit staan vas dat Nieu-Seeland meer vernuf het en beter besluite neem.

* Maar dis ewe duidelik dat die Bokke onder Heyneke Meyer besig is om die dwangbuis van die verlede te probeer afskud. Dis ál pad vorentoe, maar die rit sal uiteraard plek-plek stamperig verloop. Daar was egter nog nooit ’n maklike paadjie na enige oase toe nie.

            ( ( ( ( (

Dis seker ’n holruggeryde grappie om te staan en beweer Bafana Bafana is soos ’n broer in die tronk. Jy weet jy bly lief vir hom, maar praat nie graag daaroor nie. Plus, die meeste sures wat oor Bafbaf tekere gaan, verlekker hulle daarin dat die nasionale sokkerspan sukkel.

Ek bly maar glo.

En in Shakes Mashaba het die SA Sokkervereniging dalk per abuis oor die regte antwoord gestruikel om Die Seuns Die Seuns in manne om te tower. Hy het nog nooit drooggemaak as breier van Bafana Bafana nie. Inteendeel, hy het nog altyd die beste uit die bloedjongste gekry.

Hier is ’n paar manne wat uit niks anders nie as jeugstrukture na die hoofpos bevorder is: Pep Guardiola, Stuart Lancaster en jip, Jake White.

Een en almal kampioene.

Daar is potensiële glorie in enige man wat weet waar sy volgende geslag vandaan kom – en die onderpresterende nasionale sokkerspan is bewys van hoe vrot reputasie in die kalklig kan word. G’n Khune, g’n Mphela, g’n Tshabalala?

G’n pyn nie.

Dis eensklaps sommer weer aangenaam om na Bafana Bafana te kyk. Hoe kon enigeen verras wees dat ­Andile Jali die kitaar so hard geslaan het?

Hy’s al jare reg vir die hoogste verhoog – die ander sukkelaars het hom net nie gekies nie.

* Bring nou net vir Thulani Serero nader en kyk wat gebeur. Broer in die tronk? Almiskie, maar die broer doen kliphard PT en is besig met sy honneurs deur die pos. Hou dop!

            ( ( ( ( (

Ook nogal interessant gewees om anderdag te lees hoedat Michael Chei­k­ha krediet toeswaai aan ’n klubspan van 30 jaar terug om te verduidelik hoe hy die immer onderpresterende Waratahs na Superrugby se kroon gebrei het.

Cheikha het gepraat by ’n dinee waar ’n paar Wallaby-grotes effens oordadig as “onoorwinlik” vereer is; so goed soos Ken Catchpole en Mark Ella ook al was, het hulle slae gekry soos alle ander sterflinge. Net die bokser Rocky Marciano was onoorwinlik.

Ewenwel, Cheikha het gepraat van die Randwick-klubspan uit die 1980’s, gebrei deur Bob Dwyer, en met die drie broers Ella in die tuig. Alle rugbyfynproewers onthou dit as hulle ouer as 40 is.

Volgens Cheikha het hy sy span grotendeels op dieselfde lees geskoei en siedaar – wenrugby wat selfs ons ouballies geniet.

Ding is net dat Dwyer in sy outo-biografie van die 1990’s, The Winning Way, verduidelik dat hy dié patroon – plat op die verdediging én die aanval – geleer het uit video’s van die Randwick-span van die 1920’s.

Daar’s soveel te leer uit die verlede, mits jy nie die soort windbôl is wat eerder wil dink jy’t alles uitgevind nie.

* Wat my weer laat dink het aan Izak van Heerden, eertydse mentor van Kitch Christie en Ian McIntosh; invloedryke afrigter van Natal en Argentinië, en les bes: skrywer van 101 Tryline Tales. Eenhonderd-en-een maniere om drieë te gaan druk.

En ek sweer vir julle, ’n kwart van hulle sal nou nog op enige Saterdag teen enige span werk.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 388 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 532 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE