Share

Louis de Villiers: Oppas wanneer sakemanne septer swaai in sport

Ek het ’n effense broertjie dood aan sportondersteuners wat graag vertel “die sakemanne” sal al wat ’n sport is, soveel beter bestuur.

Maar dit is natuurlik só dat ’n man lees van Boland se kaskenades rondom ’n afrigter met versinde kwalifikasies en omgerymdhede met Loterygeld in ’n vorige bedeling – en ek moet erken “die sakemanne” sou nie erger drooggemaak het nie.

Buiten natuurlik dat J. Arthur Brown ook op sy dag as ’n “sakeman” aangesien is en ek my einste verbeel Boland se neus het nog nooit heeltemal ophou bloei sedert sy kortstondige affiliasie met Fidentia nie.

Ná al dié dinge is die Grens se Bulldogs jou werklik steeds agter die Kavaliers op die Eersteliga-punteleer. Gesien in die lig dat die Grens se chroniese administratiewe gesukkel basies een van die voerpype van swart rugbytalent toestop, kan “die sakemanne” inderdaad almal ’n groot guns bewys.

Die probleem is egter dat Oos-Londen se geld én rugby nou nie juis die sakemanne sal laat toustaan nie. Dis dalk ook maar goed – in Spanje is die sokkerklubs amper almal in kwaai geldelike knyp ná ’n klomp konstruksiemagnate in die jare negentig die miljoene lustig rondgestrooi, bankrot gespeel en die klubs saam met hulle die verderf in gesleep het.

* Al uitsonderinge op die reël – en die enigste klubs wat nog nooit uit die Primera gerelegeer is nie – is Real Madrid, Barcelona en Athletic Bilbao. En glad nie toevallig nie, is dit die enigste klubs waar lede vir ’n bestuur stem. “Die sakemanne” kan wel goed doen vir ’n klub: kyk nou maar wat die strokiesmagnaat Mourad Boudjellal met Toulon reggekry het. Bygesê: ten koste van die Hane, deesdae merendeels ’n hartseer grap op die toetstoneel.

Boudjellal se dreigemente aan die Bokke Bryan Habana en Bakkies Botha vandeesweek wys egter die donker wolk agter die silwer randjie. In die sportwêreld is daar dalk vriende, in die sakewêreld nie werklik nie.

Die eerste toets wat ek in my lewe gesien het, was die Britse Leeus in 1974 op Nuweland. Die Bokke se nederlaag van 3-12 was destyds nogal nasionale trauma, niemand het voorsien dit gaan nóg slegter raak nie.

Staan ek agterna met my ouers by die kar en wag vir my Oom Koos en my Oom Hendrik. My ma het hardop gewonder waar draai hulle, toe my pa lakoniek opmerk: “As ek al die pad van Karasburg af gery het om dié spektakel te kom kyk, het ek dalk gou eers gaan broek losmaak in die Bokke se toksakke.”

Genadiglik het my ooms nie, maar ek het dit dié week onthou toe ’n Switserse doelwagter, Reto Felder, van FC Muri teen Baden ’n sluk uit sy waterbottel vat, net om te besef dis nie water nie, maar ’n neweproduk van ’n paar biere en ’n paar niere van ’n paar Basel-ondersteuners.

* Felder is verstaanbaar briesend en oorweeg regstappe. Wat ookal gister of vandag met jou en jou span op of rondom die sportveld gebeur het of gaan gebeur, is waarskynlik aangenaam in vergelyking met sy middag in Baden. En dit in die uiters beskaafde Switserland . . .

          

As Stade Francaise se eksentrieke eienaar al dié rugbyspan in ’n paar vreemde monderings getooi het, wat sê jy van die spelers van die sokkerspan 1860 München? Dié het gister op die veld teen Ingolstadt in ’n spesiale Oktoberfest-pakkie uitgedraf.

Die ligblou-en-wit geruite trui lyk ’n bietjie na ’n kelner-uitrusting, maar dis nietemin nogal mooi. En jou wrintie, daarmee saam ’n groterige paar lederhosen, daai leerkortbroeke wat net aan ’n groot Duitser kan deug.

Wou-wou nog sê dis darem beter as die kamoefleerdrag van die Bulle vroeër vanjaar, toe ek sien die Italiaanse sokkerklub Napoli het sélf planne om op die veld weg te kruip met ’n ondeunde kamoefleer-jakkerpakkie.

Waar ek vroeër vanjaar so half moer getrek het oor die kamoefleer-drag – dis eenvoudig swak smaak om sport met oorlog te vergelyk – lyk dit eensklaps na ’n vulletjie, toe Engeland vandeesweek sy nuwe rugbytrui bekend stel.

Die Victoria-kruis, hoogste militêre eerbewys wat ’n Tommie nou maar kan verdien, pryk in rye daarop. Natuurlik is die Victoria Cross Trust en oud-soldate en almal wat al ’n papierpapawertjie op sy bors gespeld het, die hoenders in.

In 158 jaar van imperialistiese avonture is die VC net aan 1 354 toegeken; nou sal dit gedra kan word deur enige blêrende Pom wat R2 000 vir die trui gehoes het.

Voor die vorige Wêreldbekertoernooi het Engeland mooitjies op ’n pikswart “weg”-trui besluit, wat beteken het dat die All Blacks grys sou moes dra as hulle teen mekaar te staan kom. Dié arrogansie is met vroeë vliegkaartjies huis toe beloon.

* All Black-truie en Victoria-kruise? Wat is die storie van “Al dra ’n aap ’n goue ring?” Dit is nogal ’n goeie Engelse span wat aan die ontwikkel is, maar sulke hubris tempteer mos die gode.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 897 votes
No! It's time to move on ...
33% - 436 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.53
+1.1%
Rand - Euro
20.16
+1.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
922.30
-0.4%
Palladium
964.50
-2.6%
Gold
2,345.52
+0.6%
Silver
27.58
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,438
+1.5%
All Share
75,393
+1.4%
Resource 10
63,106
+1.6%
Industrial 25
103,764
+1.2%
Financial 15
16,076
+1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE