Share

Louis de Villiers: Spaar ons van ‘neutrale’ Aussie-blasers in Bok-toetse

Sien deesdae weer oral versugtinge dat (nie-so-) Super-rugby sommer daadwerklik verbeter sal word die oomblik dat ons weer neutrale skeidsregters in dié toernooi sien. En ja, vanjaar word die fluite beslis nie deur virtuose gevat nie.

Rugby is egter ’n haas onmoontlike sport vir een man om te reguleer – en die Varsity-beker se eksperiment met twee Menere Ref het die uwe ook nog nie oortuig nie. Die reëls sal dramaties vereenvoudig moet word, maar daar is ook net sóveel beweegruimte in ’n sport waar die manne skop en hardloop en têkkel of hulle dit bedoel.

In Super-rugby is daar egter ’n versugting na neutrale skeidsregters. Ai, wat word van die mens se geheue? Die stelsel van neutrale skeidsregters word eensklaps weer bepleit vanaf Invercargill tot in die Kaap.

Kom ons handel dié kwessie vir eens en altyd af.

Neutrale skeidsregters in Super-rugby beteken dat daar vir elke liewe kragmeting tussen Suid-Afrikaners en Kiwi’s ’n Australiese fluitvatter aangestel moet word.

Dis reg, menere, julle bepleit dat al ons streekspanne se wedstryde in Nieu-Seeland deur een van die here Walsh, Hoffman, Lees en kie. sal moet wees.

Dis moeilik genoeg om die Nieu-Seelanders onder te kry sonder dat ’n Aussie nog hoef te blaas ook. En dis nie toevallig dat SA spanne eers in dié toernooi na iets begin lyk het nadat die beginsel van neutrale skeidsregters nek omgedraai is nie.

Nou nie dat ’n mens vanjaar veel het om oor huis toe te skrywe oor ons Superrugby-spanne nie, hoewel die Haaie se genadelose doeltreffendheid uiteraard vergoed vir skouspel. Sonder jou voorste skakelpaar moet jy ook maar wen op enige manier wat jy kan – en 60 treë-strafdoele het ’n bekoring van hul eie.

Natuurlik het dit beteken dat ons “vennote”, die Australiërs, ’n keel begin opsit het dat die toernooi voortaan sonder die versukkelde Japies gespeel moet word en bla-bla-bla. Die Nieu-Seelanders sê merendeels hokaai as daar sulke klanke uit Sydney kom.

Dié week het die gewese All Black-losskakel Andrew Mehrtens, wat nie onder ’n kalkoen uitgebroei is nie, dieselfde geluide begin maak. En ek stem amper 100% met Mehrtens saam.

Hy meen die Internasionale Rugbyraad moet ’n proses dryf waarna Nieu-Seeland, Australië, Japan en die Suidsee-eilande in hul eie streekskompetisie speel, terwyl Suid-Afrika en Argentinië by Europa inskakel.

Die Rugby-kampioenskap sal dan al om die ander jaar gespeel word, met regte, egte viertoets-toere elke vier jaar.

Dít klink na ’n aansienlik lekkerder maaltyd as wat ons tans bedien word, moet ek saamstem. Dit klink na ’n modieuse hoëproteïen-dieet teenoor brood en water. Dit klink, helaas, ook na gans te veel moeite en beslommernis om te organiseer. Ons kan dus vir eers maar net droom.

Maar daar’s twee goeie redes waarom Suid-Afrikaners hulself by Mehrtens behoort te skaar – en die eerste is geld. Waarvan daar ontsettend baie in Europese rugby is en minder in die Suidelike Halfrond. Dié dat ons nou al gewoond geraak het aan ’n jaarlikse uittog van sterre, gewillige veterane en belowende jongelinge Europa toe.

Met ’n hand in dáái beursie sal dit veel makliker word om ons voorste spelers te behou – en dié wat in ieder geval wil Europa toe, sal ten minste in ons dampkring bly.

Die tweede – amper belangriker – rede is dat dit Bok se kind op gelyker voet met die All Blacks sal sien meeding.

Die Nieu-Seelanders maak op die oomblik geslag op geslag voorspelers hard en taai deur hulle Super-rugby teen Suid-Afrikaners te laat speel. As hulle hul streeksrugby teen Aussies en Japanners speel, gaan ’n Springbok-agttal al om die ander jaar ’n moeilike tot onmoontlike transaksie raak vir die All Blacks om onder te sit.

Ek vermoed dis deels waarom die Nieu-Seelanders teëstribbel as die Aussies brom ons moet koers kry.

Daar’s net een probleem met die hele plan: niemand in die Noorde het al ooit laat blyk dat hulle ons besonder graag daar wil hê nie. . .

Stuur die agentskappe vroeg verlede week foto’s van Barcelona se sokkersterre wat vir hul Koningsbeker-eindstryd teen Real Madrid voorberei deur rugby te speel. Wat my laat wonder het: beteken dit rugby groei ongelooflik of dat Barcelona heeltemal in sy peetjie is?

Waarskynlik iets van albei.

Barcelona se poreuse verdediging sou dalk kon baat by ’n Willem Alberts-laagvat of twee.

Die rugby het natuurlik dadels gehelp; hul sokker bly doelgerig op ’n afdraande pad – en aartsvyand Real Madrid het dit toe Woensdagaand drie kompetisies in sewe dae gemaak waaruit Barcelona geknikker is.

Net nou die dag wou dit lyk asof die Blaugrana Europese sokker vir ’n dekade sou oorheers, maar daar’s dié droom sommer reeds in puin. Wat jou weer wys dat daar net twee of drie swak besluite tussen glorie en versukkeldheid skuil.
Ek kan nogal die Barcelona-lied op z’n Katalaans uitbulder, maar lyk my dís ’n kroegkunsie wat nie vir die volgende seisoen of twee uitgestal sal word nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 441 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 630 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.90
-0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE