Share

Malherbe sal skrum vir Bok-plek

Die Argentyne is lank nie meer so vreesaanjaend in die voorry soos in die dae van die berugte bajada-skrum nie, maar is steeds ’n sonderlinge uitdaging in wêreldrugby.

En dis juis teen die Poemas dat die jong Springbok-stut Frans Malherbe die vertroue wat Heyneke Meyer, die Bok-breier, nogmaals in hom gestel het, uit die staanspoor wil regverdig.

Meyer het Malherbe met ’n plek in sy groep vir die Rugby-kampioenskap beloon nadat beserings tot dusver ’n belowende begin in die Groen-en-Goud in die wiele gery het.

Die Bok-afrigter het onlangs vertel hy was op moedverloor se vlakte toe sy voorslag-vaskopstut Jannie du Plessis kort voor verlede jaar se Europese toer beseer is.

Meyer se vrese oor ’n lamlendige Bok-skrum het in die niet verdwyn toe die 23-jarige Malherbe in moeilike omstandighede kragvertonings teen Wallis en Skotland gelewer het.

’n Ontydige ribbesering in die toets teen die Skotte het Malherbe se indrukwekkende Bok-begin kortgeknip.

“Dit was ’n groot hoogtepunt om in my eerste toets te speel.

“As jy dít eers geproe het, wil jy meer daarvan hê,” vertel die fris Kapenaar met die droë humorsin die afgelope week by die Springbokke se spanhotel aan Rapport.

“Dit is nou ’n goeie kans om my saam met Jannie in die span te vestig.

“Jy kry nie dikwels die kans om teen Argentinië te skrum nie – en dit sal nogal ’n leerskool vir my wees.”

Malherbe meen hy en die ander vaskopstutte in Suid-Afrika kan nie op hulle laat wag nie – veral met volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi al nader op die horison.

Malherbe, Coenie Oosthuizen en Lourens Adriaanse het verlede seisoen as aanspraakmakers op die voorgrond getree, terwyl die jong Marcel van der Merwe en Julian Redelinghuys vanjaar fynproewers opgewonde maak.

“Ek het ná die besering (harsingskudding wat hy in die Superreeks opgedoen het) hard gewerk en die afgelope ruk by die Bokke was goeie voorbereiding vir die Rugbykampioenskap.”

En is die baard vanjaar daar om teenstanders die skrik op die lyf te jaag? “Nee, daar is geen storie agter die baard nie.

“Ek was aan die begin eintlik lui om te skeer en het toe van die baard begin hou.

“Ek sal dit waarskynlik in die volgende twee weke afskeer.”

Malherbe steur hom nie veel aan praatjies van vaskopstutte wat dan nou veronderstel is om die meanies in die pak te wees nie.

“Jy het as stut seker twee persoonlikhede – op en van die veld af.

“Ek hou daarvan om sonder fanfaremy ding op die veld te doen en is andersins ook baie rustig.”

Hy sê sy doelwit is om in ’n moderne stut te ontwikkel, maar skrumwerk sal altyd bo-aan die prioriteitslys bly.

“Dit is tog ’n ou se eerste taak.

“Jy kan nie in die skrums laat slaplê omdat jy eerder met die bal wil rondhol nie.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
President Cyril Ramaphosa will sign the National Health Insurance Bill into law this week.
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
At last. The NHI will improve healthcare for all South Africans.
4% - 11 votes
Cheap politicking before the election. Challenge the Bill in court.
90% - 261 votes
I don't have strong feelings about the NHI either way.
6% - 18 votes
Vote
Rand - Dollar
18.39
-0.1%
Rand - Pound
23.14
-0.3%
Rand - Euro
19.89
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
1,034.60
+3.4%
Palladium
981.23
+1.8%
Gold
2,352.67
+0.7%
Silver
28.45
+0.9%
Brent-ruolie
83.36
+0.7%
Top 40
72,372
-0.1%
All Share
78,633
-0.1%
Resource 10
62,434
-0.6%
Industrial 25
110,498
+1.1%
Financial 15
16,818
-1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE