Share

Marcell gedy op nr. 6-flank as Jake se balsteler

Heyneke Meyer hoef nie verder as Marcell Coetzee te kyk in sy soektog wie vanjaar die Springbokke se nommer 6-trui gaan dra nie.

En die man wat só sê, behoort te weet waarvan hy praat. Hy het immers al die Bokke gehelp om ’n Wêreldbeker te wen.

Jake White sê hy glo Meyer hoef nie sy net tot in die buiteland te span as hy ’n baljagter soek nie.

Die 22-jarige Coetzee is sy man. Verlede jaar het Meyer vir Francois Louw by Bath in Engeland gaan haal om daardie posisie te vul en Coetzee moes sake maar grootliks van die kantlyn af dophou.

Tot dusver in vanjaar se Super-seisoen lewer Coetzee egter skitterspel vir die Haaie as balsteler – en is hy onder White se afrigting ’n openbaring in daardie rol.

Meyer het juis gevoel dit is ’n aspek van Coetzee se spel wat hy sal moet opknap as hy ’n kandidaat op ’n permanente plek in die beginspan van die Bokke wil wees.

White wil egter nie die krediet neem vir die metamorfose in Coetzee se spel die afgelope paar maande nie.

“Ek is nie verantwoordelik vir wat hy nou is nie. Hy het self bewys wat in hom steek.

“Hy stuur die regte boodskap aan die nasionale keurders uit dat hulle nie oorsee hoef te kyk vir iemand om te kies nie.

“Hier voor hul eie oë is iemand wat week in en week uit in Super-rugby vertonings lewer wat jou laat regop sit en kennis neem.

“Ek sal baie verbaas wees as hy nie geoormerk word as die speler wat daardie rol kan vervul bo enigiemand wat hulle elders in die buiteland wil gaan haal nie.

“Ek neem niks weg van diegene wat in die verlede gekies is nie, maar iemand wat hom só opdring met sy spel soos Marcell, sal baie moeilik wees om oor die hoof te sien.”

Al wil Jake nie die eer neem vir die “nuwe” Marcell Coetzee nie, glo die speler self anders.

Coetzee, ’n produk van die Hoërskool Port Natal, wat skaars twee jaar nadat hy die skoolbanke verlaat het reeds ’n gereelde gesig in die Haaie se Super-rugbyspan was en reeds met 15 toetsverskynings spog, laat geen twyfel dat White se koms na Kingspark sy oë laat oopgaan het vir hoe hy as baljagter moet speel nie.

As iemand wat nie wegskram van harde werk en voorbereiding nie, is Coetzee ’n groot voorstander van die dissipline wat White nou by die Haaie handhaaf.

Soggens kom die spelers reeds om sewe-uur by die stadion bymekaar en gaan eers teen sesuur saans huis toe.

Coetzee sê dis veral die tegniek wat White by die afbreekpunte bekend gestel het, wat ’n hoofrede is waarom hy soveel besit omkeer en afneem.

“Die fokus is daarop om teenstanders laag om die enkels te lak en dan jouself in ’n posisie oor die bal te plaas om dit suksesvol te kan afneem,” sê hy aan Rapport.

“Ek was nog altyd iemand wat daarvan gehou het om die bal te dra, maar nou voel ek daar is ’n nuwe dimensie in my spel.
“Ek geniet die nuwe verantwoordelikheid wat ek as balsteler het.

“En met die geweldige wedywering wat daar om plekke as losvoorspeler by die Haaie is, moet jy die hele tyd op jou tone wees.”
Marcell sê dit is juis daardie strawwe mededinging wat sy spelpeil laat verbeter het.

Hy meen by die Springbokke gaan daar later vanjaar net so kwaai om plekke meegeding word.

“Ek geniet my rugby op die oomblik baie en ek moet die afrigter bedank dat hy my rol in die span so duidelik vir my uitgespel het.

“Ek is egter ’n spanman en voel as dit nie vir die hulp en ondersteuning van my spanmaats is nie, ek nie spel van gehalte sal kan lewer nie.”

Ondanks sy jeugdigheid, speel Coetzee met die ervaring van ’n veteraan. En dít is iets waarvoor die Bok-breier hom nie blind sal kan hou nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 394 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 545 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE