Share

Mbombela-babalaas!

"Ons wóú ’n bonuspunt vir vier drieë verdien. Dáárom het ons twee keer, binne trefafstand, verkies om strafskoppe kantlyn toe te skop, vanwaar ons uit die lynstaan hul doellyn wou aanval.”

Só het Corné Steenkamp, die Pumas-kaptein, Vrydagaand in Nelspruit gesê, nadat sy span sy Curriebekerwedstryd teen die Haaie met 32-22 gewen en tot die tweede plek op die punteleer opgeskuif het.

Veel groter spanne as die Pumas sou in dieselfde situasie pale toe gekorrel het net om die sterk Haaie te klop, maar nie die Pumas nie.

Dit volg skaars ’n week nadat hulle ook op hul tuisveld ’n taai aanslag van Griekwas met ’n bonuspunt-drie beklink het.

Tera Mtembu, kaptein van die besoekers, het agterna erken: “Die beste span het gewen. Op hul tuisveld is hulle iets buitengewoon en ons kon ná rustyd net nie al die gate toestop nie.”

Daar was diegene wat dit eienaardig gevind het toe Jimmy Stonehouse, die Pumas se afrigter, aan die begin van die Curriebeker-reeks gesê het sy span mik om ’n plek in die halfeindronde.

Wel, ná Vrydagaand se indrukwekkende wenslag lag niemand meer nie, behalwe ondersteuners van die pienk truie.

Die Pumas, een van diesogenaamde “kleintjies” in Suid-Afrikaanse rugby, het hulle met dié vyfster-vertoning welverdiend tussen die voorlopers – en op pad na daardie topvier-doelwit – gevestig.

Die Haaie en Cheetahs het al pak gekry in die Mbombela-stadion en dié afspraak in die Laeveld gaan vanjaar geen prettige uitstappie wees nie.

Nogmaals lof vir Stonehouse.

Die Pumas speel soos ’n span wat haarfyn afgerig word en die wyse waarop daar berekend toegeslaan word wanneer die geleentheid hom voordoen, is ’n aangename lus vir die oog.

Hoewel daar hier en daar spelers is wat uittroon, was die sege oor die Haaie ’n spanpoging by uitstek.

Onderskatte spelers soos die agtsteman-kolos Renaldo Bothma en die vleuel Rosco Speckman, is bestem om aanstaande jaar Superrugby te speel.

Bothma, ’n Duane Vermeulen-herproduksie, kry sy span lag-lag oor die voordeellyn en verdedig asof sy lewe daarvan afhang.
Speckman is die bedrywigheid vanself op vleuel en is ’n moeilike man om hok te slaan.

Die binnesenter Stefan Watermeyer het ’n paar seisoene se ervaring nodig gehad om te voldoen aan die hoë verwagtinge wat daar as jong speler by die Bulle van hom was.

Die wyse waarop die Haaie die aftog geblaas het, sal die afrigter, Brad MacLeod-Henderson, onrustig laat.

Die Haaie het nooit gelyk of hulle wenrugby wou speel nie en daar was hopeloos te veel foute vir ’n kampioenspan.

Jy gaan iewers in die reeks struikel en dit is dalk beter vir die Haaie dat die wekroep nou gekom het.

Die reeks was in die verlede al tot vervelens toe voorspelbaar, maar met die Pumas aan die brul, is die kat vanjaar behoorlik in die duiwehok losgelaat.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 397 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 560 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE