Share

‘Moenie my vergeet’ Lambie: Maande op krukkelys frustreer Springbok-losskakel

Uit die oog, uit die hart.

Patrick Lambie, die Haaie se 23-jarige Springbok-losskakel, kan verskoon word as hy voel hierdie gesegde is spesifiek op hóm van toepassing.

Terwyl hy die laaste paar maande die gevolge van ’n ernstige besering moes afskud, was dit asof die rugbypubliek van dié begaafde speler vergeet het.

As daar van Bok-kandidate vir die no. 10-trui gepraat is, het sy naam skaars opgeduik.

Hy moes ook intussen half magteloos sit en toekyk hoe spelers soos ­Handré ­Pollard en Marnitz Boshoff vóór hom in die Springbok-tou staanplek kry.

“Dit was baie frustrerend om vir so lank nie te kon speel nie,” sê Lambie aan Rapport.

“Daar is nooit eintlik iets soos ’n goeie tyd om seer te kry nie – en om op soveel wedstryde vir die Haaie én die Springbokke te moes uitmis, was maar ’n baie goor gevoel.”

Sy rugbyloopbaan is op 22 Maart op Loftus Versfeld teen die Bulle skielik tot stilstand geruk toe hy ’n boarmspier geskeur het.

“Wat die aard van die besering soveel erger maak, is dat ek ook glad nie eens twee van my ander passies in die lewe – branderplankry en gholf – kon uitleef nie.

“Iets wat darem positief is, is dat ek veel meer tyd in die gimnasium kon deurbring as wat andersins die geval sou wees.

“Dit was asof ek ’n behoorlike voor-seisoen-program kon inpas.

“Dit is iets wat my andersins nie beskore sou wees nie, aangesien die tyd tussen die einde van die jaar-toer na Europa en die begin van die Super-seisoen maar kort is.

“Hopelik sal dit my nou help om in die toekoms fikser en sterker te wees as wat die geval andersins sou wees.”

Lambie gee toe dit is aan die een kant nie lekker om net op TV te moet sit en kyk hoe jou spanmaats speel nie.

“Natuurlik is dit fantasties om te kon sien hoe goed die Haaie en die Springbokke vaar, maar jy voel maar hartseer dat jy nie deel van daardie spesiale oomblikke is nie – veral op ’n oorsese toer.

“Ek het egter probeer om soveel moontlik in kontak met die ouens te bly en hier by die huis deel van hul verrigtinge te wees.

“Aan die een kant was dit goed om ’n goeie sielkundige breek weg van die spel te hê, maar die hunkering om saam met jou spanmaats op die veld te wees, het ook kwaai opgebou hier binne my.”

Lambie sê hy het ’n belofte aan homself gemaak om net terug te keer wanneer hy voel hy is 100 % gereed om te kan speel.

Daardie tyd is nou – en hy het gister in die haaitenk sy terugkeer van die plaasvervangerbank in die Super-uitspeelstryd teen die Highlanders in Durban gemaak. Hy besef jy moet maar die soet saam met die suur in rugby aanvaar.

Lambie sal nou maar die lang paadjie terug na die Springbokspan moet loop – slaggate en al.

Maar hy sien uit na die uitdaging – en hy voel strawwe mededinging om daardie no. 10-trui gaan die beste uit ál die kandidate haal.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 876 votes
No! It's time to move on ...
33% - 431 votes
Vote
Rand - Dollar
18.82
+1.1%
Rand - Pound
23.54
+1.1%
Rand - Euro
20.18
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.8%
Platinum
925.70
+0.0%
Palladium
979.50
-1.1%
Gold
2,348.63
+0.7%
Silver
27.61
+0.7%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,289
+1.2%
All Share
75,242
+1.2%
Resource 10
63,200
+1.7%
Industrial 25
103,578
+1.0%
Financial 15
15,986
+1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE