Share

Morné ‘sit nie agteroor en dink 10-trui is myne’

“Jy kan nooit terugsit en dink ’n Springboktrui behoort aan jou nie.”

Morné Steyn meen diegene wat voorspel hy sal volgende jaar Suid-Afrika se eerste keuse by die Wêreldbeker-toernooi wees, span die kar voor die perde in.Heyneke Meyer, die Bok-breier, het onlangs lof gehad vir Steyn, wat die afgelope paar seisoene die aanslag van ’n hele paar losskakel-aanspraakmakers – soos Pat Lambie, Johan Goosen en Elton Jantjies – moes afweer.

Mnr. Betroubaar sal in alle waarskynlikheid Saterdag in Perth terug aan stuur van sake wees wanneer die Bokke die Wallabies in die Rugbykam­pioenskap aandurf.Die 30-jarige Bok-losskakel moes tot dusver in die Kam­pioenskap met ’n plek op die plaasvervangerbank tevrede wees, terwyl die nuwe Loftus Versfeld-generaal, Handré Pollard, teen die Argentyne die ja-woord gekry het.

Steyn moes verlede Saterdag in Salta in die tweede helfte help met ’n reddingspoging toe die Poemas met oorgawe gebrul en ’n Slag van Salta onafwendbaar gelyk het.

“Dit is nie altyd lekker om op die bank te sit nie. Ek dink Handré het goed gedoen in die twee toetse – en ons ouer manne moet seker besef die jonges gaan in ’n stadium oorvat.”

Steyn, wat vir Stade Français in Frankryk speel, het die afgelope week by die Bokke se spanhotel in Fourways gesê hy is oorgehaal om die Bokke met ’n regrukpoging teen die Wallabies te help.

“Dit is merendeels ek en die skrumskakel wat beheer moet neem en ons wil op óns terme speel en die pas van die toets bepaal.

“Ek glo die agttal gaan dit vir ons makliker maak. Ons het in Salta in die laaste 20 minute ’n bietjie momentum gekry en dit is altyd makliker om op die voorvoet rugby te speel.”

Steyn het al ’n hele paar moeilike skoppe koelkop deur die pale geklits – en die twee doelskoppe en strafdoel in die laaste 20 minute in Salta is geen uitsondering nie.

“Dit was moeilik. Maar dit is die aard van toetsrugby. Wanneer jy vir die Bokke speel, moet élke skop oor wees.”

Steyn sê die Springbokke se klinkende sege verlede seisoen in Brisbane gee die span die selfvertroue en oortuiging om weg van die huis af te wen.

Hy sê dit is goed vir Suid-Afrikaanse rugby dat ’n begaafde speler soos Pollard op die voorgrond tree.

Volgens Steyn help hy sy troonopvolger “met die klein dingetjies” op die oefenveld, “. . . maar ek wil myself nie as ’n afrigter op hom afdwing nie”.

Oor die feit dat hy nog nie ’n gereelde plek in Stade Français se span kon oopspeel nie, sê hy: “Dit was ’n goeie skuif. Ek het verlede jaar nie baie gespeel nie en dink dit was goed vir die lyf.

“Ek het ’n paar seisoene by die Bulle byna in elke wedstryd gespeel.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 461 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 883 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.2%
Rand - Pound
23.64
-0.1%
Rand - Euro
20.21
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
973.90
-0.2%
Palladium
1,021.50
-0.2%
Gold
2,394.72
+0.5%
Silver
28.31
-1.9%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.2%
All Share
73,000
-2.1%
Resource 10
61,638
-3.6%
Industrial 25
98,321
-1.9%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE