Share

Naas: Morné nie ál rede vir Bok-geploeter

Die Springbokke bevind hulle oënskynlik in Niemandsland – en dis onbillik dat die losskakels alleen daarvoor moet pa staan.

Só meen Naas Botha, legendariese oud-Springbok-losskakel, oor Handré Pollard en Morné Steyn – wat tot dusver in die Rugbykampioenskap om die beurt in onguns geraak het.

Die 20-jarige Pollard was in die eerste twee toetse teen Argentinië die man in die Bokke se nr. 10-trui, waarna die ervare Steyn verlede naweek teen die Wallabies verkies is.

Gister teen die All Blacks was dit weer Pollard se beurt.

“Ek het nie gedink daar sou soveel waarde geheg word aan die strafskop wat Morné (teen die Wallabies) nie uitgeskop het nie.

“Dit was onverskoonbaar, maar die nederlaag was beslis nie net Morné se skuld nie,” sê Botha.

Hy maan die Bokke se vaste vyf sal hul deel moet begin bydra.

“As jy nie voor oorheers nie, gaan jou losskakel onder druk wees. En kom ons wees eerlik, Australië was voorlangs niks watwonders nie.

“Ons vaste vyf het nog nie in een van die toetse (in die Kampioenskap) ’n grondslag gelê nie.”

Botha sê hy dink nie Pollard is gister in Wellington aan die diep kant ingegooi nie – en vergelykings wat vooraf tussen hom en die veelbesproke Gaffie du Toit-nagmerrietoets getref is, is onvanpas.

“Handré het vanjaar gewys hy is reg vir groot rugby, maar dis belangrik dat hy almal se ondersteuning kry en dat daar nie oorhaastig geoordeel word nie.

“Kry hy ook weer die trekpas, gaan ons naderhand nie meer losskakels hê nie.”

Die probleem is dat die enigste ander kandidaat, Pat Lambie, ná sy besering nog in watte toegedraai word.

Botha sê hy verstaan nie waarom Lambie saam Australasië toe is as hy nie oorweeg kan word nie.

“Die aanduiding is dat hy nie op losskakel in aanmerking gebring is nie omdat hy nog nie vanjaar veel rugby gespeel het nie.

“Jy gaan jou nie op peil kry met oefensessies nie, maar deur te speel. Sou Pat nie dalk eerder baat daarby gevind het om in ’n paar wedstryde in die Curriebeker-reeks te speel nie?”

Botha sê hy vind dit vreemd dat Heyneke Meyer, die Bok-breier, Pollard teen die All Blacks gekies het omdat hy aanvallende rugby wil speel.

“Ek verstaan nie die opmerking nie. Waarom nou en nie drie seisoene gelede nie?? Of begin die spelpatroon die Bokke ook nou irriteer?”

Meyer hoef nie nou al benoud te raak oor wie sy voorkeur-losskakel in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi gaan wees nie, meen Botha.

“Jy kan nie nou al dié besluite neem nie. Pollard kan die man wees, maar beseer raak. Wat doen jy dan?

“Ons moet nou eerder probeer om die Rugbykampioenskap te wen. Volgende jaar sal vir homself sorg.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 517 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 730 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE