Share

Natmerrie!

Wat ’n natmerrie!

In speeltoestande waarvoor selfs eende hul neuse sou optrek, het die Springbokke Saterdagmiddag op Loftus Versfeld ’n broekskeur-sege met 13-6 oor Argentinië in die Rugbykampioenskap behaal.

Hier teen die einde moes die Bokke nog keer vir ’n vale om nie boonop die sege uit hul greep te laat glip nie.

Slegs ’n desperate duikslag deur die groentjie Damian de Allende – om die bal voor Jaronimo de la Fuente se vingerpunte weg te klap in die doelgebied – het sake gered.

Toe Ruan Pienaar so vroeg as die tweede minuut kleinkantjie om gedartel het en Cornal Hendricks in besit gestel (en dié blits ’n teenstander ingesuig en weer die bal na Pienaar uitgegee) het om in die hoek oor te duik, wou dit lyk asof die Bok-sluise sou open.

Wel, die sluise hét geopen, maar dit het uit die wolke gebeur – en die toets as ’n skouspel ’n groot knou gegee.

In dié haglike omstandighede is die speelveld gelyk gemaak.

Die bal was so glad soos ’n koekie seep en die een hanteerfout ná die ander is begaan.

Van konstruktiewe spel was daar weinig sprake met die reën wat neergesous het.

In sulke toestande is dit net die uiters begaafde spelers wat sou uitstaan – en dit is waar daai frats Willie le Roux weer in die prentjie was.

Hy het balle uit die lug gevang asof hy in ’n kurkdroë Vrystaat-stadion gespeel het.

Sy taktiese skopwerk het die Suid-Amerikaners ook telkens laat omdraai en terugskarrel.

Hy kon een van sy eie steekskoppies net nie beheer nie enkele enkele meter van die doellyn af.

Selfs hý het egter soms kleigetrap.

Die Poemas se beste geleentheid het verlore gegaan toe die vleuel Manuel Montero die bal aangeslaan het met die doellyn oop voor hom.

Dit het Eben Etzebeth, wat Bakkies Botha met rustyd vervang het, net mooi ses minute geneem om in ’n onderonsie betrokke te raak.

Handré Pollard, wie se natuurlike aanvallende spel ook deur die toestande geneutraliseer is, se taktiese skopwerk was nie waffers nie en hy moes in die tweede helfte plek maak vir die veteraan Morné Steyn.

Die eendeweer was vir die Poemas, daarenteen, soos om ’n ekstra speler te hê.

Dit het ’n stryd voorlangs om oorheersing geword en hoe meer daar getjommel is, hoe meer was die Poemas-agttal, wat nie ’n tree teruggestaan het vir hul veel meer geroemde teenstanders nie, in hul element.

Die robuustheid van die stryd was hul kos, want skielik kon hulle op gelyke voet meeding, wat nie die geval sou wees indien die toestande nie so haglik was nie.

Vir die Bokke was dit ’n groot frustrasie, want hulle kon nie enige kontinuïteit opbou nie.

Hulle het ook nie die vermoë gehad om hul spel aan te pas na gelang van die toestande nie. Dít wek kommer.

Foute was die wagwoord – en uiteindelik was daar nie eens sprake van die bonuspuntsege wat vooraf in hul visier was nie.

Dit was een van daardie dae wat jy ’n sege sou vat, maak nie saak hoe dit kom nie. 


Ruan Pienaar duik gisteraand op Loftus oor die Poemas se doellyn vir die eerste – en enigste – drie in die Rugbykampioenskapswedstryd. Dié drie was kort na die afskop van die stryd en dit het gelyk asof die Bokke die sluise daarna sou oopdraai. Al sluise wat egter oopgedraai is, was uit die hemele. Foto: CHRISTIAAN KOTZE

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 722 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 766 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
-0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.0%
Rand - Euro
20.45
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
926.80
+0.7%
Palladium
1,026.50
+0.1%
Gold
2,322.83
+0.0%
Silver
27.37
+0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,520
+0.7%
All Share
74,494
+0.7%
Resource 10
60,134
+0.9%
Industrial 25
103,756
+0.9%
Financial 15
15,920
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE