Share

Nie in sak en as

Gebiedsvoordeel van 67% en 60% se balbesit. . . maar die telbord vertel ’n ander storie.

Dít is, op die keper beskou, die verhaal van die Bulle, wat Vrydag in Dunedin met 20-27 teen die Highlanders in die Super-rugbyreeks vasgeval het.

Die besoekers het flink weggespring en die Highlanders onkant betrap met die wyse waarop Jan Serfontein-hulle die bal rondgegooi het.

Die Bulle het uiteindelik ’n voorsprong van 13-3 en die momentum prysgegee – en in die tweede helfte van die swakste spel nóg die seisoen opgelewer.

Frans Ludeke, die Bulle se afrigter, sê die span is nog nie op moedverloor se vlakte nie.

“Ons sou natuurlik albei wedstryde op die toer (teen die Hurricanes en Highlanders) wou wen en het baie na daaraan gekom.

“Ons afronding was die groot verskil. Ons het baie geleenthede geskep en het baie fases aanmekaar gesit, maar die afronding, en soms ook die besluitneming, was nie goed nie.”

Ludeke sê die Highlanders het gewys hoe jy in dié reeks moet afrond.

“Hul verdediging was rotsvas en hulle was in die tweede helfte omtrent net drie keer in ons halfgebied. Maar hulle het elke keer punte aangeteken.”

Die goeie nuus uit die Bulle se kamp is dat die kaptein, Flip van der Merwe, se armbesering nie te ernstig is nie.

Dié Springbok-slot het ’n harde stamp teen sy bo-armspier gekry en ’n skandering sal in Sydney gedoen word om die erns daarvan te bepaal.

Ludeke sê hulle behoort teen Dinsdag te weet of Van der Merwe beskikbaar is om die Waratahs te pak, maar die vroeë aanduiding is bemoedigend.

Die Bulle het ná die twee nederlae die taak om die toer teen die Waratahs en Force te red.

“Daar was positiewe dinge wat teen die Highlanders na vore gekom het. Ons het ’n langer week om voor te berei en daar is geen ernstige beserings nie.

“Ons sal die komende naweek oorgehaal wees.”

Ludeke sê daar is beplan om minder konserwatief op die aanval teen die Highlanders te wees.

“Ons het dit aan die begin goed uitgevoer en baie geleenthede geskep. Dis iets waarop ons sal wil voortbou.”

Een afdeling waar die Bulle sokkies sal moet optrek, is by die afbreekpunte.

Die Bulle is ’n tweede keer agtereenvolgens in die losbalstryd uitoorlê – en dít het die span in die tweede helfte duur te staan gekom teen die Highlanders.

Ludeke-hulle het ná Deon Stegmann en Dewald Potgieter se beserings nie ’n vol spens losmanne om uit te kies nie.


Piet van Zyl van die Bulle probeer Richard Buckman van die Highlanders platstorm. Foto: Rob Jefferies/Getty Images

Punte:
Highlanders 27 (13): Drieë: Lima Sopoaga, Gareth Evans, Malakai Fekitoa. Doelskoppe: Sopoaga (2). Strafdoele: Sopoaga (3).
Bulle 20 (13): Drieë: Bjorn Basson, Marcel van der Merwe. Doelskoppe: Jacques-Louis Potgieter (2). Strafdoele: Potgieter (2).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1087 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE