Share

Ongelooflike Thomas

"Asseblief dominee, moet my net nie seermaak in die skrums nie.”

Dit is dalk iets wat nog menige vaskop gaan sê nadat hy met Thomas die Tenk op die rugbyveld te doen gekry het.

Hierdie voornemende tokkelok – die 19-jarige Haaie-sensasie Thomas du Toit – het juis uit die WP-net ontsnap omdat hy teologie wil studeer en daarom besluit het om eerder Natal toe te gaan.

Soos hy tot dusver die wit waks uit sy teenstanders skrum, sal hy dalk nog voorbidding moet doen vir van die manne wat teenoor hom stelling gaan inneem.

Daar fluit hoeka ’n voëltjie dat hy nie te lank gelede nie die Springbok-stut Jannie du Plessis se gal só gewerk het in ’n Haaie-oefening dat dok Jannie glad nie gelukkig was met die behandeling wat dié mannetjie aan hom uitgedeel het nie – en hulle mekaar so ’n bietjie gegryp het.

Die Haaie-breier, Jake ­White, moes glo self tussenbeide tree.

Dit is nogal ver verwyderd van die gr. 9-plaasseun uit Moorreesburg se wêreld wat by die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) aangekom het.

Sy skrummentor, die oud-Bolandse haker ­Richard Visagie vertel: “Hy is een van daardie natuurlike sterk mense. Sy pa is ’n koring- en skaapboer in daardie omgewing en Thomas het van kleins af bale hooi rondgegooi.

“Hy het ’n sagte en wonderlike geaardheid. Toe hy hier aangekom het, was hy eintlik te sag. Dit was asof hy teenstanders jammer gekry het, want hy is ’n gelowige en opregte mens.

“Ek moes hom eendag eenkant toe roep en vir hom sê jy kan sag wees met jou meisie en jou ma, maar op die rugbyveld help dit nie om ’n sagte geaardheid te hê nie.”

Volgens Visagie het dié gesprek “wondere verrig”.

“In die interskole-wedstryd die volgende week (teen Paarl Gimnasium, toe hy nog vir die tweede span gespeel het) het hy sy teenstander geskrum dat dit ’n aardigheid was.

“Ek kon skielik sien hy begin dit geniet om teenstanders op te keil.”

Dié breier, wat skrumwerk kén en reeds spelers soos Frans Malherbe, JD Moller, Marcel van der Merwe, Jandro van Niekerk en Charl Marais die fyner kunsies van die onderwêreld van die skrum touwys gemaak het, sê hy kon dadelik sien daar is iets spesiaal in Du Toit.

“Dit was regtig vir my ’n groot eer om met hom te kon werk. Hy was verlede jaar die kaptein van die eerste span en ek voorspel nog groot dinge vir hom in daardie leiersrol.

“Hy hanteer terugslae met groot waardigheid en was ook ’n prefek op skool. Dit gaan vir hom ook nie net oor sy krag nie.

“Hy is iemand wat die vaardighede van ’n agterspeler het en het ’n wonderlike systap, wat jy nie by so ’n groot man verwag nie,” sê Visagie.

“Daar verdien ons vaardigheidsafrigter, Gerrie Visser, baie lof vir die werk wat hy met Thomas gedoen het,” sê Visagie.

“Ek dink dit doen ook wondere vir sy rugby om nou onder Jake White te kan werk. Ek sien ook in sy vertonings hoe straal die vertroue uit hom uit.”

Visagie erken hy droom oor die dag dat twee van “sy seuns”, Malherbe en Du Toit, saam in ’n Springbok-voorry kan sak.

Die laaste woord behoort aan dié jong man self, wat enkele maande gelede nog op die skoolbanke gesit het?.?.?.

“My filosofie is om te doen wat ander nie bereid is om te doen nie.

“En natuurlik om te bereik wat ander ouens nie sal kan nie. Werk hard en sukses sal volg.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1817 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
9% - 177 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.69
-0.0%
Rand - Euro
20.28
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.25
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
949.30
-0.4%
Palladium
1,034.00
-0.1%
Gold
2,373.55
+0.5%
Silver
28.37
+0.5%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE