Share

Plaasvervangers plaas SA op wenpad ná groot skrik

Salta (Argentinië). – Nogmaals broekskeur, nogmaals Morné Steyn en die reserwes wat Suid-Afrika se kastaiings uit die vuur moes kom krap.

Dít nadat die Bokke gister vir sowat ’n uur vodde gespeel is deur Argentinië in die tweede kragmeting van hul Rugbykampioenskap.

Suid-Afrika was met 33-31 baas, maar Harry Houdini sou trots gewees het op só ’n ontsnapping. Laat drieë deur die immer gewillige Cornal Hendricks en die reserwe-flank Marcell Coetzee het die oënskynlik onvermydelike gety omgedraai, maar die ooms tuis sou strykdeur gryp na die hartmedisyne.

Teen 35 grade celsius was dit so warm dat die kraaie gaap, maar as die kraaie rugby-geesdriftiges was, sou selfs húlle op die punt van hul stoele gewees het oor dié skouspelagtige, opwindende wedstryd.

Die Poemas was egter grootliks vir die skouspel verantwoordelik. Om die waarheid te sê, kon die Poemas dié ene reeds met rustyd in die sakkie gehad het.

Ongestoord deur die hitte, het hulle die monde gesnoer van enige kritici wat gekla het oor negatiwiteit deur die Argentyne. In gietende reën in Pretoria, almiskie, maar net ’n idioot sou die bal onder daai omstandighede klakkeloos rondgeslinger het.

In die bloedige hitte hier neffens die Andes was die Poemas egter katte met gans ander kolle en het die bal lustig heen en weer beweeg soos hulle die Bokke se verdedigingslinie getoets het. En dié is ’n hele paar maal te lig bevind.

Die Argentynse pak was rotsvas en die Bokke was onder kwaai druk.

Die toerspan het sy eerste lynstaanbal afgestaan.
Die toerspan het sy eerste losskrumbal verloor.
Die toerspan het ’n strafskop afgestaan met sy heel eerste skrum-ingooi.

Dit was treurig verby en dit het gelyk of die Springbokke hul gashere gruwelik onderskat het.

Die hitte het hulle onkant betrap, ja, maar hulle moes al vroeg in die week hierheen gekom het om te akklimatiseer. Jy oefen nie in Kaapstad vir ’n toets in Nelspruit nie en dié reëls geld wêreldwyd.

Die Poemas kon rustyd waarskynlik reeds ’n driedruk-bonuspunt verdien het, maar drieë is op die punte verbrou deur oorywerigheid en hanteerfoute.

Ná rustyd het die Bokke ook nie met sigbaar hernieude ywer uitgedraf nie – nóg ’n ligte skrumrampie het die Bok-bestuur die stutte Gurthrö Steenkamp en Jannie du Plessis sien vervang met Beast Mtawarira en Frans Malherbe, maar ná ’n paar fases het Tomas Cubelli gaan druk. Kort daarna is Joaquin Tuculet in die hoekie oor.

Ná sowat ’n uur het President Steyn oorgevat en sy gebruiklike kalm ding gedoen. Al dié van julle wat oor hom skinder, gaan staan in die hoekie en swot die grondbeginsels van rugby.

Suid-Afrika
Drieë: Bryan Habana, Cornal Hendricks, Marcell Coetzee. Doelskoppe: Handre Pollard, Morné Steyn (2). Strafdoele: Pollard (3), Steyn.

Argentinië
Drieë: Manuel Montero, Joaquin Tuculet, Tomas Cubelli. Doelskoppe: Nicolas Sanchez (2). Strafdoele: Sanchez (2), Marcelo Bosch. Skepdoel: Juan Martin Hernandez.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
39% - 11 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
61% - 17 votes
Vote
Rand - Dollar
19.22
-0.3%
Rand - Pound
23.87
-0.2%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
953.50
+0.3%
Palladium
1,029.50
0.0%
Gold
2,388.87
+0.4%
Silver
28.35
+0.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,479
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE