Share

Pollie pure pêrel

Wellington. – Nóg ’n rillertoets teen die All Blacks en nóg ’n swart dag vir die Springbokke.

Maar al sal Bok se kind weer tob oor wat kón gewees het ná sy naelskou-nederlaag gister hier met 10-14, is twee dinge ten minste seker: die wêreldkampioen kán geklop word en die Bokke lyk na die span wat dit sal regkry.

En danksy Handré Pollard se windmaker-vertoning, hoef daar niks verder gesoek te word na die man wat voortaan die nommer 10-trui dra nie.

“Ek sal nooit tevrede wees as die Springbokke verloor nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie,” sê afrigter Heyneke Meyer.

“Die All Blacks het weer gewys waarom hulle die beste span ter wêreld is. Wanneer dit regtig saak maak, het hulle net die vermoë om daardie iets ekstra vanaf êrens te kry.

“Tog glo ek hulle kan geklop word. Ons het nou al soveel kere só naby daaraan gekom, maar dit is baie frustrerend om dit net nie te kan deurvoer nie.”

Verspeelde kanse was weer aan die orde van die dag en het die draers van die Groen-en-Goud bitter teleurgesteld gelaat.

“Die verskil was dat die All Blacks hul kanse beter gebruik het.

“Daardie laaste lynstaan wat ons verloor het, toe ons op die aanval was, was ’n groot oomblik in die wedstryd,” sê Meyer.

“Ons moes net beter gebruik gemaak het van ons besit. In ’n toets soos dié het jy geluk nodig en ons moes ons eie geluk geskep het.”

Die Bokke kon nie voortbou nie op die momentum wat hulle gehad het teen rustyd – toe hulle nog met 7-6 voorgeloop het.

Veral die besoekers se uitstekende verdediging het die All Black-ritme lelik versteur.

En toe Cornal Hendricks skitterend afgerond het – ná ’n knap binne-aangee van Pollard in die eerste helfte – het die Bokke ook spiere op die aanval gewys.

Pollard en nóg ’n jongeling, Jan Serfontein, was kolossaal in die agterlyn – en die groentjie-losskakel se enigste blaps was sy reuse-strafdoelpoging laat in die wedstryd wat rakelings verby die regoppale geseil het.

Benewens sy aandeel in Hendricks se drie, het Pollard sy agterlyn deurgaans uitstekend gelei, goed geskop én ’n skepskop deurgejaag.

Dít asof ’n paar duiksakke in ’n oefening – eerder as van wêreldrugby se mees gevreesde name in ’n toets ín Nieu-Seeland – enkele meter van hom af probeer keer het.

“Ek is baie tevrede met hoe Handré en Jan ontwikkel en ek was in my skik met hul vertonings vanaand,” sê Meyer.

“Handré was uitstekend en dis beslis nie sy skuld dat ons verloor het nie. Hy het beheer geneem en ’n volwassenheid getoon.

“Ek het ook gedink ons het goed geskrum en dat ons lynstane goed was.”

Tog het die toerspan drie agtereenvolgende balle op sy eie ingooi afgestaan nadat Bismarck du Plessis as plaasvervanger op die veld verskyn het.

Dit was ’n gatslag, want van een daarvan kon Beauden Barrett eindelik die strafdoel behaal wat die Bokke sou dwing om later hoek toe te skop – eerder as om nie self na die pale aan te lê nie.

In die laaste paar minute het die tuisspan vir ’n vale gekeer en het groot karakter getoon.

Hulle het die Bokke se dryfbeweging gestuit en met die doellyn net enkele meter weg, het ’n Bok-aanval doodgeloop toe daar in ’n spanmaat vasgehardloop is. Net daarna is Lood de Jager naby die hoekvlag uitgeduik – voordat nóg ’n lynstaanbal verlore gegaan het.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 412 votes
No! It's time to move on ...
35% - 225 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
919.10
+0.8%
Palladium
980.50
-2.4%
Gold
2,330.93
+0.7%
Silver
27.33
+0.6%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE