Share

Protea-embleem: Toetspette waai

Proteahelde soos AB de Villiers en Dale Steyn sal binnekort hul geliefde toetspette moet wegpak.

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) ’n jarelange stryd oor die spanembleem teen Krieket Suid-Afrika (KSA) gewen het.

Saskok het in Julie gedreig om ’n internasionale speelverbod teen die Proteas in te stel as hulle nie met die huidige embleem op hul klere wegdoen nie.

Dié kombinasielogo van die Protea en die landsvlag is strydig met Saskok se voorskrifte. Rapport verneem op goeie gesag dat ’n nuwe vlaglose embleem dié week op die spandrag – waaronder hemde, broeke, oefenklere, kopskerms én pette – aangebring gaan word.

Die Proteas sal volgende maand die eerste keer in die nuwe uitrustings in die reeks van drie eendagwedstryde teen Nieu-Seeland speel.

Daar is glo groot ongelukkigheid by spelers oor die nuwe toetspette wat hulle moet dra as die Wes-Indiese Eilande in Desember in Suid-Afrika toer.

“Daai pet is die een ding wat elke toetsspeler die heel meeste koester,” is uit die Protea-kamp aan Rapport gesê.

“Dit word tydens ’n kort seremonie aan hom oorhandig voordat hy die eerste keer op die toetsveld stap en hy speel daarin tot hy die dag uittree.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
43% - 47 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
57% - 62 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
-0.9%
Rand - Pound
24.03
-0.6%
Rand - Euro
20.57
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.9%
Platinum
890.97
-0.7%
Palladium
988.99
-1.3%
Gold
2,195.56
+0.0%
Silver
24.43
-0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,885
+0.3%
All Share
74,077
+0.2%
Resource 10
56,208
+1.0%
Industrial 25
103,636
+0.4%
Financial 15
16,471
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE