Share

Proteas nie peuter-boewe, sê breier

Die Suid-Afrikaanse krieketspan is níé besig om ’n reputasie te kry as bedrieërs nie.

Só het afrigter, Russell Domingo, gister geskerm nadat Vernon Philander beboet is vir balpeutery.

Dié naatbouler moes eergister 75% van sy wedstrydgeld opdok, nadat hy die bal met sy vingers gekrap het.

Die skeidsregters is ná die dag se spel bedag gemaak op beeldmateriaal van die oortreding.

Philander is die tweede Suid-Afrikaner wat in die afgelope nege maande hiervoor uitgewys is.

Dít volg nadat Faf du Plessis in Oktober verlede jaar met 50% van sy speelfooi beboet is vir ’n soortgelyke oortreding in ’n toets teen Pakistan in die Verenigde Arabiese Emirate.

Du Plessis is óók deur TV-kameras “uitgevang” terwyl hy die bal oor sy ritssluiter gevryf het.

Hy het dít glo gedoen om te help dat die Suid-Afrikaanse boulers omgekeerde swaai kon bewerkstellig.

“Ek dink nie ons is besig om ’n reputasie te kry nie,” het Domingo aan Sapa gesê.

“Dis dalk eerder ’n geval dat ander spanne net beter is daarmee as ons. Al is dit vir my moeilik om dit te erken.”

Volgens Domingo is Philander se straf onregverdig.

“Ons maak ons beslis nie opsetlik aan sulke dinge skuldig nie,” het Domingo gesê.

“Vernon hou vol hy het die bal net probeer skoonmaak en ons glo hom.

“Dis nou egter gedane sake.”

Die breier het erken dat hy nog nie die beeldmateriaal bestudeer het nie.

“Ons moet aanbeweeg van dié voorval af,” het hy gesê.

“In die meeste gevalle – ek sal sê nege uit elke tien keer – word jy skuldig bevind as daar beeldmateriaal is.

“Ons probeer om altyd krieket te speel in ’n goeie gees, maar die skeidsregters hou vol Vernon het probeer om die vorm van die bal te verander.

“Ons probeer nie om te kul nie en dalk is dit (werk aan die bal) iets wat ons heeltemal moet staak.”

* Intussen wag ’n groot taak vandag op Philander en sy boulvennote.

Sri Lanka hervat sy tweede kolfbeurt vroeg vanoggend op 110/1 – met Kumar Sangakkara en Kaushal Silva onoorwonne op onderskeidelik 58 en 37 lopies.

Hulle het saam reeds 96 lopies om die tweede paaltjie opgestapel.

Die tuisspan benodig nog 260 lopies om die toets te wen en met 1-0 voor te loop in die reeks.

Net die SA snelbouler Dale Steyn (1/18) kon ’n deurbraak bewerkstellig.

Philander kon in 21 boulbeurte in dié kragmeting nie ’n enkele paaltjie plattrek nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 555 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 796 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE