Share

'Ruk span reg, óf...'

Die direksie van die Vrystaat-Cheetahs se besluit dat daar nie ’n klousule in sy kontrak vir die aanstelling van ’n onafhanklike konsultant ingesluit mag word nie, het die Springbok-haker Adriaan Strauss in ’n onverwagse wending laat besluit om ’n Blou Bul te word.

Strauss wou hê die onafhanklike konsultant moes die Cheetahs van kop tot tone kom ontleed. Hy wou die standaarde op alle vlakke in Cheetahs-rugby laat verbeter – en dít was ’n beginselsaak wat hy teen elke prys nie wou prysgee nie.

Ná die Cheetahs se Superrugby-ramp was daar yslike druk op Strauss-hulle as spelers, die bestuur én die afrigtingspan. Ondersteuners eis dat koppe moet rol en Strauss het as die kaptein besluit dat hy as leier agter die skerms ’n verskil wou maak deur die klousule in te sluit. Die konsultant se bevindinge moes glo intern gehanteer word.

Die direksie van die Vrystaat-Cheetahs het egter in ’n dramatiese stap ná Donderdag se vergadering in Johannesburg besluit dat hy Strauss se versoek weier en onderhandelinge beëindig.

Dit volg nadat Strauss op die randjie was om sy kontrak, wat ná vanjaar se Curriebeker-reeks verstryk, met die Cheetahs te verleng.

Daar was reeds soveel sekerheid in plaaslike kringe dat Strauss langer ’n Cheetah sou bly, dat hy die afgelope week deur Puma gebruik is om die Vrystaat se nuwe Curriebeker-truie bekend te stel.

Rapport verneem dat die direksie Strauss se versoek glo geweier het oor lesse wat hy in die verlede geleer het deur soortgelyke vergunnings te maak.

Nadat Strauss meegedeel is dat die klousule nie ingesluit sal word nie, het hy Donderdag net voor middernag die Cheetahs en Bulle ingelig dat hy besluit het om in 2015 sy Superrugby in Pretoria te speel.

Strauss het die Bulle in 2005 en 2006 in Curriebeker- en Superrugby verteenwoordig, maar wou vanweë sakebelange in Bloemfontein nie graag skuif nie.

Hy was glo selfs bereid om vir duisende rande per maand minder vir die Cheetahs te speel.

Sy skuif kan nou reuse-gevolge vir die Cheetahs inhou. Strauss is ’n bekende handelsmerk in Suid-Afrikaanse rugby, word byna as die gesig van Cheetahs-rugby beskou en is ’n rolmodel vir jonges.

Hy is ’n invloedryke speler wat spanmaats beïnvloed om te bly óf te skuif.

Die Cheetahs het reeds die afgelope tyd sterre soos die losskakel Johan Goosen (Racing Metro) en agtsteman Philip van der Walt (Biarritz) verloor – terwyl die flank Lappies Labuschagné (Bulle) en stut Trevor Nyakane (Bulle) ná die Curriebeker-reeks ook koers sal kies.

Die Cheetahs, wat nou onder hewige kritiek deurloop nadat hulle in 2013 die enigste Suid-Afrikaanse span was wat in die halfeindstryde van die Super- en Curriebeker-reekse gespeel het en hoë verwagtinge dus vanjaar van hulle gekoester is, het wel die afgelope tyd daarin geslaag om sterre soos die vleuel Cornal Hendricks en stut Coenie Oosthuizen se kontrakte te verleng. Die slot Lood de Jager en heelagter Willie le Roux bly ook tot einde 2015 Cheetahs.

Aanwinste soos die veelsydige agterspeler Joe Pietersen (Biarritz), vleuel Sergeal Petersen (OP-Kings), veelsydige agterspeler Coenie van Wyk (Leeus/Pumas) en agtsteman Willie Britz (Leeus) sal volgende jaar Super-rugby vir die Cheetahs speel

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1017 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1069 votes
Vote
Rand - Dollar
19.20
-0.5%
Rand - Pound
23.94
-0.6%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
914.40
-0.6%
Palladium
1,008.50
-1.7%
Gold
2,321.59
-0.0%
Silver
27.26
-0.2%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE