Share

SA atlete kóók

Wie het gesê Suid-Afrikaanse atletiek is dood?

Dié sport se administrasie is dalk in chaos, maar ’n tekort aan wêreldklas-talent is daar beslis nie.

Nie net was daar die geskiedkundige 9.98 van Simon Magakwe in die 100 (berig op bl. 24) nie, daar was ook talle ander skitterprestasies – én skokke – gister in Pretoria op die tweede dag van van die SA senior kampioenskappe.

Sunette Viljoen het haar negende SA spiesgooititel met ’n yslike 64.77 gewen – die beste afstand nóg op ’n SA byeenkoms.

“Al ses my gooie was boonop verder as 60 meter – en daarom is ek nou baie, baie gelukkig,” het Sunette agterna gesê.

’n Ander groot hoogtepunt was die 400 vir mans, wat deur die Vrystater Wayde van Niekerk in ’n skitterende 44.92 gewen is.

Hy is net die sesde Suid-Afrikaner wat al onder 45 sekondes gehardloop het.

Die grootste skok was in die 1 500 vir mans, waar Johan Cronjé, SA rekordhouer en bronsmedaljewenner op verlede jaar se wêreldkampioenskappe in Moskou, deur Jerry Motau as SA kampioen onttroon is.

Motau, wat verlede jaar die eerste binnelandse droommyl in 30 jaar in Potchefstroom gehardloop het, het in 3:47.91 gewen.

Cronjé, wat eers drie weke gelede weer begin oefen het nadat hy met ’n maermerrie-besering gesukkel het, was tweede in 3:48.47.

Daar was ook groot drama in die 400-hekkies vir mans toe die agtste stel hekkies ‘n kerf te hoog gestel is.

Dit het daartoe gelei dat LJ van Zyl, die SA rekordhouer, sy ritme en balans verloor het.

Hy moes toe toesien hoe sy oefenmaat Cornél Fredericks in 49.21 wen. LJ was tweede in 50.00.

Fredericks het gesê toe hy die hekkie nader, het hy gesien dit is te hoog “en ek het toe maar besluit ek móét fokus, oor die hekkie kom en dan alles gee”.

Dit was Fredericks se vierde SA titel en die derde een agtereenvolgens.

Kort voor dié wedloop het Fredericks en Van Zyl se Tukkie-oefenmaat Wenda Nel die derde vinnigste Suid-Afrikaanse vrou in dieselfde item geword met ’n skitterende 54.92.

Die 21-jarige Tukkie Rikenette Steenkamp, wat deur Shaun Bownes, ’n voormalige Statebondspele-hekkieskampioen, afgerig word, het die goue medalje in die 100-hekkies in ’n blitsige 13.17 gewen.

Dit was nie net die vinnigste tyd in 23 jaar in Pretoria nie, maar is op vyf na die vinnigste nóg deur ’n Suid-Afrikaanse vrou.

In die driesprong vir mans het verspringer Godfrey Khotso Mokoena die goue medalje ’n baie goeie 16.68 gewen.

In die 800’s was André Olivier (1:47.65) en Caster Semenya (2:03.05) baas.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 421 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 896 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE