Share

Seabelo droom groot ná eerste Bok-proesel

Hy het vyftienman-rugby eintlik net kom proe-proe – 2016 se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro is sy eerste belangrike doelwit.

Maar nou lyk dit of Seabelo Senatla dalk ’n jaar vroeër as dít na rugby se Wêreldbeker-toernooi opgeroep sal word.

Só skinder baie mense – en nie sonder rede: nadat Senatla ’n nasionale held geword het met sy skitterspel onderweg na die Blitsbokke se gouemedalje op die Statebondspele in Glasgow, het hy die tonge selfs losser gemaak met ’n rits skitterende vertonings vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker-reeks.

Só goed het hy vertoon, dat hy die afgelope week ’n paar dae in die Bok-kamp deurgebring het...

“Dit was wonderlik en ’n reuse-geleentheid om te leer.

“Ek het soveel ingeprop as wat ek kon en dit was ’n lekker kans om te leer hoe die strukture en gees in die Springbok-span werk,” sê Senatla.

Maar môre sluit hy hom weer by die Blitsbokke aan, hoewel hy na die WP sal terugkeer vir die uitspeelrondes om die Curriebeker.

“Dit sal moeilik wees as ek tussen die twee moet kies.

“Nes elke ander speler wil ek na die Wêreldbeker-toernooi toe gaan, maar as ’n oud-atleet het ek nog altyd van die Olimpiese Spele gedroom en sewes is die één manier waarop ek daar sal kom.

“Dalk is albei moontlik,” wens hy hardop – en waarom nie?

Dit is nie asof die vyftienman-kode ’n speler soos Cornal Hendricks vir sewes afgestomp het nie – soos ons alte goed in Glasgow kon sien.

“Ek het nooit getwyfel dat ek maklik by die vyftienman-spel ná sewes sal inpas nie,” sê Senatla.

“Daar is ander dinge waaraan jy moet werk, soos jou spel in die lug, maar die vernufvlakke van sewes beteken dat jy nie té moeilik oorskakel nie.

“Daar is minder ruimte in vyftienman-rugby, maar die spelers is oor die algemeen nie so vinnig soos in sewes nie. Jy kan dus beloon word as jy vinnig genoeg in ruimte aanval.”

Dié skouspelagtige klein vleuel het vlerke in sy voete – of ons hom nou in sewes sien of in die ware Jakob, kom Seabelo Senatla met die waarborg dat hy jou sal laat regop sit.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 317 votes
No! It's time to move on ...
36% - 175 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
910.30
-0.2%
Palladium
987.00
-1.8%
Gold
2,332.93
+0.7%
Silver
27.53
+1.4%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,252
-0.5%
All Share
74,187
-0.4%
Resource 10
61,527
+1.8%
Industrial 25
102,472
-1.5%
Financial 15
15,807
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE