Share

Statebondspele: Nege medaljes in Chad le Clos se visier

Chad le Clos wil nie oor 20 jaar onthou word as net nóg ’n swemmer nie; hy wil onthou word as een van die legendes van die sport.

Daarom gaan hy in Julie in Glasgow by die Statebondspele sy visier op nege medaljes stel – meer as wat enigiemand anders nog ooit by dié spele kon wen.

Die Australiese swemmer Ian Thorpe hou in dié stadium die rekord van sewe medaljes, nadat hy in 2002 in Manchester ses goues en ’n silwer verower het. Of Le Clos dit kan regkry om Thorpe se ses goues te oortref, sal net die tyd leer. Maar as die scenario aangepas word na top3-uitslae, lyk sy droom van nege nuwe kleinodes nie so vergesog nie.

Die 22-jarige Durbaniet beplan om in Skotland in ses individuele items – die 50-, 100- en 200-vlinderslag, 200- en 400-individuele wisselslag en 200-rugslag, sowel as drie aflosse, te swem.

Hy sal in die 100- en 200-vlinderslag as oorweldigende gunsteling in die water spring, aangesien hy tans die wêreldkampioen in albei (en Olimpiese kampioen in die 200) is. Ook in die wisselslagnommers mag hy maar optimisties wees: hy is die heersende Statebondkampioen in die 400-individuele wisselslag en het verlede week se nasionale kampioenskappe afgesluit deur vir die eerste keer ooit onder die twee minuut-kerf in die 200-wisselslag te swem.

Net twee Statebond-swemmers, die Aussies Daniel Tranter en Thomas Fraser-Holmes, was tot dusver vanjaar vinniger as Le Clos se 1:57.94.

Sy grootste individuele uitdagings sal die 50-vlinderslag en 200-rugslag wees. Roland Schoeman gee tans die pas in die 50-vlinderslag aan en het die wêreld se vinnigste tyd vanjaar – 23.07 – verlede week in Durban opgestel.

Le Clos sal homself uit sy swembril moet swem om Schoeman in Glasgow te skok, aangesien die 23.86 waarmee hy tweede by die nasionale byeenkoms was, hom ligjare agter Schoeman plaas.

In die 200-rugslag het Le Clos verlede week sy beste tyd geswem, wat hom vyfde in die Statebond plaas. Dit is die eerste keer dat hy by ’n groot internasionale byeenkoms aan dié item sal deelneem. Daar hang dus ’n groot vraagteken oor sy kans om ’n medalje daarin te verower.

Chad se sukses in die drie aflosse sal vanselfsprekend nie net van homself afhang nie. Die aflosse verteenwoordig sy drie swakste kanse.

In Le Clos en die Olimpiese borsslag-kampioen, Cameron van der Burgh, het Suid-Afrika die wêreld se beste in twee van die vier wisselslag-aflosbene. In die rugslag en vryslag is daar egter kommer. Niemand kon in Durban in die 100-rugslag vir die Statebondspele kwalifiseer nie en Schoeman was die enigste swemmer wat die vereiste in die 100-vryslag kon oortref.

Die plan is om Le Clos, Schoeman en nog twee uit drie swemmers, Brett Walsh, Leith Shankland en die jong Caydon Muller, in die 4x100-vryslagaflos in te span.

Of die jongelinge die wa deur die drif kan trek, sal eers by die Spele duidelik wees.

In die 4x200-vryslag het niemand gekwalifiseer nie, maar Chad, Dylan Bosch, Sebastien Rousseau en Myles Brown se bekwaamheid daarin is al bewys.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
34% - 255 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
66% - 505 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
-0.2%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.45
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
949.60
-0.1%
Palladium
1,024.00
-0.5%
Gold
2,382.54
+0.1%
Silver
28.30
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,692
-0.7%
All Share
72,743
-0.7%
Resource 10
62,836
-0.7%
Industrial 25
97,537
-0.9%
Financial 15
15,413
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE