Share

Statebondspele: Zorsi wil óók daar wees

Giulio Zorzi het nog nie ophou droom van ’n Statebondspele-debuut later vanjaar nie, ten spyte daarvan dat sy naam nie verlede week ingesluit is in Swem Suid-Afrika (SSA) se voorlopige span nie.

Zorzi, wat verlede jaar in Barcelona by die wêreldkampioenskappe brons in die 50-borsslag gewen het, was nie onder die 19 wie se name ná die nasionale kampioenskappe aan Saskok voorgelê is nie. Hy kon nie ’n kwalifiserende tyd daar swem nie.

SSA het besluit dat swemmers nie meer in nie-Olimpiese items mag kwalifiseer nie. Dit raak niemand meer as Zorzi nie. Van hom is vereis om in die 100-borsslag te kwalifiseer, maar hy het nog nie sy peil daarin bereik nie. Hy het verlede week in Durban sy beste tyd van 1:02.31 opgestel, maar is ver van die vereiste 1:00.86.

“Ek het voor die byeenkoms geweet wat SSA van my verwag, maar het gehoop hulle sou oorweeg om ’n uitsondering te maak ná my wêreldmedalje verlede jaar,” sê Zorzi. “Dis teleurstellend dat hulle dit nie gedoen het nie, maar ek het nog nie moed opgegee nie. Ek wil in Junie Europa toe gaan om tye te swem wat hulle nie kan ignoreer nie.”

In sy visier is tye onder 27 sekondes, wat hom in die topdrie in die wêreld sal plaas: “My beste is die 27.04 waarmee ek in Barcelona brons gewen het, maar as ek daarop kan verbeter, sal ek ’n saak kan stel waarom ek Glasgow toe moet gaan.”

Zorzi sê sy hele jaar draai nie net om die Statebondspele nie, omdat daar aan die einde van die jaar ook ’n kortbad-wêreldkampioenskap is om na uit te sien: “Maar as ek nie Spele toe gaan nie, verloor ek ’n kans om by ’n groot swemgala met prima-borsslagswemmers soos Cameron (van der Burgh, sy oefenmaat) en die Aussie Christian Sprenger mee te ding.”

Zorzi kan gegrief voel oor sy weglating, aangesien tien swemmers wat nié kwalifiserende vereistes oortref het nie, wel Glasgow toe sal gaan.
Erin Gallagher, Trudie Maree, Marlies Ross, Jessica Ashleigh-Cooper, Marne Erasmus, Brett Walsh, Leith Shankland, Cayden Muller, Calvyn Justus en Darren Murray is ingesluit om aan aflosse deel te neem. SSA sal vir die eerste keer in jare twee vroue-aflosspanne (in die 4x100-vryslag en 4x100-wisselslag) inskryf en hoop op medaljes in ál drie die mans se aflos-items (4x100-vryslag, 4x200-vryslag en 4x100-wisselslag).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1042 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1122 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
+0.0%
Rand - Pound
23.95
+0.0%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
910.10
-0.2%
Palladium
996.50
-0.9%
Gold
2,313.22
-0.1%
Silver
27.07
-0.3%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE