Share

Sterre van môre

Sedert die ontstaan van die Varsitybeker-rugbyreeks in 2008 was dit duidelik dat dié kompetisie jaarliks nuwe spelers tot hoër hoogtes gaan lanseer.

Vandag kan ons reeds terugkyk op suksesverhale soos dié van Juan de Jongh (Maties), Robert Ebersohn (Shimlas), Eben Etzebeth en Demetri Catrakilis (albei Ikeys) om net ’n paar te noem.

Intussen het dié reeks selfs meer mededingend geword – en die riller-eindstryd die afgelope Maandag tussen die NWU-Pukke en die uiteindelike wenner, die Universiteit van Kaapstad se Ikeys, is sekerlik die hoogtepunt ná sewe seisoene in die reeks se bestaan.

Daar was dalk ook nóg meer spelers op skou wat die potensiaal het om dit ver te bring – en tussen baie ander kandidate, lys ons ’n paar:

* Robert du Preez (Maties): Robert junior het met die pedigree as leenlosskakel van die Haaie-akademie by die Maties aangeland.

Nie net is sy pa en naamgenoot ’n oud-Springbok nie, maar hy het verlede jaar reeds die Jong Bokkies verteenwoordig.

In die Matie-trui het klein Robert egter die soort afgeronde vertonings begin lewer wat hom werklik ’n gesogte jong man in Suid-Afrika gemaak het.

Selfs wanneer sy span nie altyd hond haar-af gemaak het nie, was hy goed.

En só het die Westelike Provinsie kom klop, en met die sluit van ’n kontrak, dalk net ’n baie groot vis gevang.

* Luther Obi (Pukke): Sterk, vinnig en opwindend.

Sy twitternaam is Popeye – en hy het nogmaals vanjaar die oë laat rek wanneer hy bal onder die arm sy ore platgetrek het.

Maar dit was ook, baie belangrik, sy verdediging wat beïndruk het.

Obi is ook ’n Jong Bokkie en dié gebore Nigeriër was vroeër vanjaar in die Leeus se vergrote Super-oefengroep.

Dis nie net in Johannesburg waar die belangstelling in hom groot is nie, want die Blou Bulle vry glo ook na dié spoedvraat.

Tog het die Luiperds einde 2013 ’n kontrak van twee jaar met hom gesluit.

* Huw Jones (Ikeys): WP-rugby kan doen met ’n nuwe senter-aanwins soos dié, veral in ag genome dat Jean de Villiers nie meer vir te lank daar gaan wees nie.

Jones was die beste senter in vanjaar se Varsity-reeks.

En sonder dat hy ’n WP-kontrak het, is hy dié week sonder ’n oomblik se aarseling in die Streeptruie se Vodacombeker-span gekies.

Danksy die uitstekende balverspreiding van die Ikeys-losskakel Dean Grant, het Jones vanjaar genoeg van die bal te sien gekry.

* Akker van der Merwe (Pukke): Akker die haker was van begin tot einde ’n woelige makker in die Pukke se opmars tot in die eindstryd.

Wanneer Curriebeker-tyd aanbreek, sal hy by die Luiperds om ’n plek met ander knap hakers soos Edgar Marutlulle, JC Oberholzer, Jacques Vermaak en Marius Fourie meeding.

Moenie verbaas wees as ander unies reeds oor Akker navraag gedoen het nie.

* Ruhan Nel (Wits): Hy het reeds Curriebeker-rugby vir die Goue Leeus gespeel.

Wits het vanjaar nie ’n wedstryd gewen nie, maar hul wedstryde was die kyk werd bloot om Nel, week ná week hul uitblinker, in aksie te sien.

Trouens, hy kan nie ver van die Leeus se Super-rugbyspan af wees nie.

* Digby Webb (Ikeys): Dit was reeds Webb se derde jaar in Ikeys se Varsitybeker-voorry en vanjaar het hy hom as ’n afgeronde vaskopstut laat geld. Die WP soek mos juis nog sulkes?

* Sylvian Mahuza (Pukke): Nóg een van die Luiperds se Jong Bokkies wat tans by dié unie gekontrakteer is.

’n Dodelike teenaanvaller uit die laaste vesting, met die soort vaart en versnelling wat sy gebrek aan grootte irrelevant maak.

* Rhyk Welgemoed (Pukke): Saam met sy ander vrinne in die Puk-lostrio, soos Stompie de Wet, HP Swart en Juan Language, het Welgemoed ’n groot rol in die Puk-prestasies gespeel.

’n Indrukwekkende baldraer waaraan die Luiperds sal wil vasklou.

* Shaun McDonald (Ikeys): Hy het verdedigers pimpel en pers gestorm – en al is sy 192 cm dalk nie slot-agtig lank nie, kan hy as losvoorspeler ’n bruikbare provinsiale speler word.

* Stefan Willemse (Madibaz): Die NMMU het in die sterk flank Chris Cloete oor ’n goeie drieë­vraat beskik, maar die fisieke Willemse was dié span se anker – of dit nou op slot of flank was.

Hy is tans in die OP-Kings se kraal.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 788 votes
No! It's time to move on ...
34% - 397 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.84
-0.2%
Rand - Euro
20.44
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
923.10
-0.3%
Palladium
981.50
-0.9%
Gold
2,349.09
+0.7%
Silver
27.69
+0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,181
+1.1%
All Share
75,123
+1.1%
Resource 10
62,964
+1.4%
Industrial 25
103,843
+1.3%
Financial 15
15,879
+0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE