Share

‘Stiefseuns’ word vanjaar skrum-adel

Daar is diegene wat dit die beste skrum-eenheid in 2014 se Superreeks noem.

En dan is daar diegene wat steeds wonder wie presies is Schalk van der Merwe, Robbie Coetzee en ­Julian Redelinghuys.

Laasgenoemde is die ouens wat nie in 2014 rugby gekyk het nie.

’n Onervare Leeus-voorry, wat voor vanjaar nie een ’n enkele Superrugbywedstryd gespeel het nie...

Trouens, Van der Merwe (23) kon vroeër nie eens die Cheetahs se span haal nie.

Coetzee (25) was ’n versoolde losvoorspeler wat nie ’n deurbraak by die Bulle kon maak nie.

En Redelinghuys (24), die Leeus se nuwe “skrumkaptein”, moes by die Haaie uit die skadu’s van Beast Mtawarira en Jannie du Plessis ontsnap.

Die afgelope ses maande het dié drietal vriend en vyand verras en Springbokke, All Blacks én Wallabies byna weekliks in die skrums gebuig.

Volgens Johan Ackermann, die Leeus se afrigter, is dié welslae aan “baie harde werk” te danke – en etlike skrumsessies saam met die oud-Springbok Balie Swart.

“Dit is almal ouens wat ’n geleentheid by ’n unie gesoek het omdat hulle elders vir ander spelers moes terugstaan,” het Ackermann verduidelik.

“Hulle moes op alle vlakke hard werk en opskerp – aan fiksheid, gimnasium- en veral skrumwerk. Dus is hulle almal vooraf deur ’n baie harde af-seisoen.

“Ek is baie trots op ons skrums. Ons skrumstatistieke lys ons as die voorste span in die kompetisie en dis nie sleg vir ’n eerste keer nie.”
Ná ’n suksesvolle Super-seisoen meen dié breier nóg hope harde werk wag.

“Ons het die ouens vroeg in die jaar uitgedaag om te presteer.

“Vooraf het ons ’n skrumverhouding van 85 % as teiken gestel, maar toe kry ons 91%.”

Volgens hom is veel hoër louere Van der Merwe, Coetzee en Redelinghuys beskore.

“Schalk is ’n lekker aggressiewe speler. Julian se werkverrigting is baie hoog, terwyl hy telkens onder die ouens was wat die meeste duikslae uitgevoer het,” het Ackermann gesê.

“Robbie se agtergrond as losvoorspeler het hom weer baie gehelp en hy dra die bal en maak baie tackles.”

* Buiten dat dié drietal volgende seisoen sáám met 44 Superrugbywedstryde se ervaring sal spog, het die Leeus se diepte in die voorry ook verder uitgebrei... 

Willie Wepener, Akker van der Merwe en Malcolm Marx is in die haker-spens, terwyl stutte soos Corné Fourie en Ruan Dreyer ook as impakspelers beïndruk het.


Julian Redelinghuys, Robbie Coetzee en Schalk van der Merwe slyp vroeër vanjaar.
Foto: christiaan kotze


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 945 votes
No! It's time to move on ...
33% - 463 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE