Share

Stormloop in Skotland

Dis ’n medalje-vloed! En wat begin het as ’n dun brons stroompie vir Suid-Afrika se Statebondspele-span,  het nou boonop ’n gesonde goue skakering.

Die klanke van Nkosi Sikelel’ iAfrika het gister by Glasgow se Kelvingrove-rolbalbaan, die Tollcross-swemsentrum én die SECC-sentrum opgeklink ter viering van goue sukses vir Suid-Afrika.

Daarby was Celtic-park die verhoog waarop die land se driekamp-atlete silwer verower het.

Ná drie en ’n half dae van Statebond-aksie was die gemengde rolbalpaar van Herman Scholtz en Gwen Nel en hul helpers Geoff Newcombe en Annatjie van Rooyen die eerste Suid-Afrikaners wat die boonste trappie van die Glasgow-podium bestyg het.

Scholtz-hulle het daardie voorreg verdien deur voor ’n partydige skare in die eindronde van die B2/B3-kompetisie vir sig-gestremdes met 14-10 met Skotland se Irene Edgar en Robert Conway af te reken.

Daarmee het die SA paar die reeks onoorwonne afgesluit en hul eerste welslae by ’n multi-sportbyeenkoms behaal.

’n Paar uur later het die reënboogvlag ook hoog gehang in die SECC-sentrum, waar die Pretorianer Zack Piontek goud gewen het in die -90kg-kategorie.

Piontek was te slim en sterk vir die Skot Matthew Purssey, wat hy in die laaste minuut met ’n yuko verslaan het.

Die Wes-Rander Ruan Snyman het silwer in die +100kg-kategorie gewen, toe hy deur nóg ’n Skot, Christopher Sherrington verslaan is.

Die judo-span spog nou met vier medaljes, nadat Siyabulela Mabulu en Jacques van Zyl brons gewen het.

) Sarel van der Walt berig dat Suid-Afrika kan glimlag oor twee driekamp-medaljes in drie dae.

Richard Murray, Henri Schoeman, Kate Roberts en Gillian Sanders bring silwermedaljes huis toe, nadat hulle net deur Engeland geklop is in die strate van Glasgow.

Murray, wat ook Donderdag brons in die individuele mans-afdeling verower het, was die groot held.

Hy het sy been in die vyfde plek begin, maar met ’n stewige vertoning in die hardloopskof tot tweede opgeskuif.

Hy kon nie die Engelse superster Alistair Brownlee vang nie en het 39 sekondes agter hom oor die eindstreep gehardloop, maar het genoeg in die tenk gehad om die tweede plek met sekonde te bespreek.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 28 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 739 votes
Sometimes - it depends on the film release
32% - 356 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE