Share

Superrugby: Magstryd dreig oor 18de span

Sanzar se jongste twis lê om die draai, want daar is verdeelde menings oor wie van 2016 af die 18de Superrugby-span in ’n uitgebreide reeks moet wees.

In wat ’n moontlike herhaling kan wees van die 2009-regstryd – toe daar oor die insluiting van die Southern Kings of die Melbourne Rebels besluit moes word – staan veral Suid-Afrika en Australië nou in twee kampe oor wie inlywing by die Super-familie verdien.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê sy steun eenparig toe aan ’n nuwe span van Singapoer, wat saam met ’n span uit Japan die enigste oorblywende keuses vir dié vakante Super-plek is.

Elk van die twee moet nou ’n bod aan Sanzar, die beheerliggaam wat oor Superrugby waak, voorlê.

Net dié kandidate het op die kortlys beland toe hulle aan die nodige vereistes (waaronder ’n stewige bankbalans) voldoen het.

Daarvolgens kon ’n span uiteindelik oorweeg word.

Australië is weer volstoom agter Japan, ’n ontluikende rugbykrag met wie hy glo bande wil smee om sy eie wankelrige posisie in die Sanzar-broederbond én wêreldrugby te verstewig.

Verteenwoordigers van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland sal eersdaags vergader om daaroor te stem.

Elkeen van dié lande beskik oor een stem.

Slegs ’n stemtelling van 3-0 sal as uitslag aanvaar word en as al drie partye nie saamstem nie, wag ’n frustrerende arbitrasieproses om tot ’n besluit te kom.

Arbitrasie was destyds nodig om te besluit dat die Rebels – eerder as die Kings – by ’n uitgebreide Super 15-reeks gevoeg sou word.

En aanduidings is dat nie Suid-Afrika óf Australië gaan bes gee nie.

Dit is nog onduidelik wat Nieu-Seeland se standpunt is.

Tog kan dit baie sê dat Eric Series, die skatryk sakeman agter die Singapoer-bod en die beplande Asia Pacific Dragons-span, aan die hoof staan van ’n maatskappy wat geruime tyd reeds in Nieu-Seelandse rugby belê.

As Australië se arm egter nie gedraai kan word nie, wag ’n afspraak met ’n regter, selfs al stem Suid-Afrika en Nieu-Seeland ooreen.

En hoewel sommiges Suid-Afrika se standpunt bevraagteken om Singapoer, pleks van Japan, te ondersteun, is die rede daarvoor glo uitsluitlik om Suid-Afrikaanse spelerwelsyn te bevorder.

Een van die hoofredes waarom die Superreeks oor twee jaar uitbrei, was om die reistydperk van spelers te verkort.

’n Vlug na Singapoer uit Suid-Afrika duur ongeveer 11 uur, terwyl Japan slegs met ’n aansluitingsvlug ná sowat 22 uur bereik kan word.

Dáároor maak Suid-Afrika klaarblyklik nou rug styf – veral aangesien die insluiting van ’n nuwe Argentynse span in 2016, wanneer die Kings ook opnuut deel van die reeks gaan wees, klaar nuwe reis-eise aan spanne gaan stel.

) ’n Eksklusiewe Super-rugbyspan vir Nelspruit het toe nie die paal gehaal nie, selfs al het die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) sy voorneme om ’n bod in te dien, te kenne gegee.

Hein Mentz, president van die MRU, het erken die geldelike spiere van die Asiese tenders was hopeloos te sterk om realisties te oortref.

Honderde miljoen rande staan glo agter die Singapoer-bod vir ’n span wat hoofsaaklik uit trekvoëls van ander sterk rugbynasies en spelers uit die Suidsee-eilande sal bestaan.

Tans is die Pumas-rugbyspan ’n streekvennoot in die Leeus-franchise.

Sy beplande bod het sterk staatgemaak op ’n mening dat ’n Super-franchise in die Laeveld ewe suksesvol as die bestaande een in Bloemfontein kan voortleef.

Ander streke wat glo ook aangedui het dat hulle “Span 18” wil huisves, maar uit die staanspoor nie by Singapoer en Japan kon kers vashou nie, was spanne uit onder meer Noord-Amerika, Europa, Kenia en selfs Namibië.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 918 votes
No! It's time to move on ...
33% - 444 votes
Vote
Rand - Dollar
18.84
+1.0%
Rand - Pound
23.47
+1.4%
Rand - Euro
20.11
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.0%
Platinum
921.80
-0.4%
Palladium
963.50
-2.7%
Gold
2,333.84
+0.1%
Silver
27.20
-0.8%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE