Share

WP steeds nr. 1

Daar is vooraf voorspel die Westelike Provinsie gaan die vloer vee met die Blou Bulle, maar dit het gisteraand ’n verbete poging geverg om Curriebeker-punte te kom haal op Loftus Versfeld.

Die WP moes tot in die doodsnikke vasklou aan ’n 23-18-voorsprong – en was dit nie vir ’n aanslaan deur die Bulle se buitesenter, William Small-Smith, op die WP se doellyn nadat die sirene al geloei het nie, het die stryd heel anders uitgedraai.

Die besoekers het die kragmeting met ’n tweetal drieë in die bestek van vyf minute deur hul giftige vleuels, Kobus van Wyk en Seabelo Senatla, beklink.

Of só moes die Streeptruie gedink het met ’n voorsprong van 20-10.

Die Bulle was duidelik reg vir ’n grote en van boedel oorgee was daar nie sprake nie.

Die eerste punte het eers ná 34 minute gekom toe die WP se plaasvervanger-losskakel, Kurt Coleman, ’n strafskop deur die pale gejaag het.

Die eerste helfte was ’n tipiese en ongenaakbare Noord/Suid-stryd en – ondanks die verhaal op die telbord – was dit ’n skouspel.

Jaco Taute, die WP se binnesenter, se oordeel het hom in ’n stadium met ’n vrot aangee in die steek gelaat nadat hy netjies in die middelveld deurgesny het.

Die Bulle het andersins met oorgawe verdedig en die WP se gevaarmanne goed in toom gehou.

Die skrale voorsprong van 3-0 wat die besoekers teen rustyd gehad het, het rofweg die gebeure in die eerste 40 minute opgesom.

Die wedstryd is op sy kop gekeer met die Bul-flank Jacques du Plessis, wat onder die pale gaan druk het ná ’n solo-stormloop waarin hy moeiteloos van twee WP-verdedigers ontslae geraak het.

Die WP het nie ’n tweede uitnodiging gesoek nie en teruggeslaan met Van Wyk en Senatla se drieë.

Senatla se dartellopie waarmee hy drie Bulle geklop het, was ’n juweel en dit was ’n jammerte dat hy minute later die veld moes verlaat met ’n beenbesering.

Vir die Bulle was dit ’n geval van beter, maar nog nie goed genoeg nie.

Die Bulle se kwaal vanjaar van tot diep in die teenstander se gebied vorder net om besit af te staan, het hulle weer gepootjie.

Die Ligblou-pak se vertoning was eerste klas met Du Plessis, die stut Dean Greyling en die jong Paul Willemse aan die spits.

Dit was dalk nie so oortuigend soos wat verwag is nie, maar ’n wen op Loftus is nooit te versmaai nie.

Die WP se aanvallende spel wat plek-plek in die tweede helfte opgedis is, dra die stempel van ’n kampioenspan.

Maar ná die gebeure wat verlede jaar in die eindstryd op Nuweland afgespeel het, sal daar in die WP-kamp gewaak word teen bekerpraatjies.

WP Drieë: Kobus van Wyk, Seabelo Senatla. Strafdoele: Kurt Coleman, Demetri Catrikilis (2), Doelskoppe: Catrikilis (2).
BLOU BULLE Drieë: Jacques du Plessis, Sampie Mastriet. Doelskop: Joshua Stander. Strafdoele: Tian Schoeman (2).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 543 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 772 votes
Vote
Rand - Dollar
18.88
+0.3%
Rand - Pound
23.82
+0.4%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE