Share

Wêreldrekord ontglip All Blacks en nou’s dit...17 uit 18

Nou moet die All Blacks weer van vooraf begin.

Die Nieu-Seelanders se aanslag op ’n wêreldrekord van 18 agtereenvolgende toetsoorwinnings (vir die sogenaamde groot lande) het Saterdag in ’n nat ANZ-stadion in Sydney voor meer as 68 000 toeskouers skipbreuk gely toe hulle met 12-12 gelykop teen die Wallabies gespeel het.

Baie redes kan vir die teleurstellende einde aan die All Blacks se merkwaardige segetog aangevoer word . . . 

’n Nat veld wat hul avontuurlustige spel kwaai aan bande gelê het is een.

Jaco Peyper, die Suid-Afrikaanse skeidsregter, se fluitjie wat die spel gereeld onderbreek het, is beslis ’n tweede.

Veral die twee geelkaarte wat hy aan die All Blacks gewys het, was ’n gevoelige slag vir enige hoop wat hulle op ’n sege gehad het.

Die stut Wyatt Crockett is kort voor rustyd tydelik die trekpas gegee omdat hy ’n Wallaby-aanval naby die All Blacks se doellyn uit ’n onkantposisie verongeluk het.

Die geel wat die plaasvervanger-losskakel, Beauden Barrett, gesien het, was ’n veel groter slag. Dit was tien minute voor die einde en Barrett se oortreding het die Wallaby-losskakel Kurtley Beale in staat gestel om die telling 12-12 met sy vierde strafdoel te maak.

Verskeie All Blacks was duidelik nie tevrede met Peyper se hantering van die wedstryd nie, maar baie onverbonde ondersteuners en spelers sal nie kla nie.

Hulle vra immers lank reeds dat skeidsregters strenger moet optree teen die All Blacks se slegte gewoonte om teenstanders se aanvalle met siniese, professionele oortredings in die kiem te smoor.

Maar terug na die toets.

’n Opwindende stryd propvol hardlooprugby is vooraf verwag, maar reën het egter ’n einde aan sulke verwagtinge gemaak.

Albei spanne het gou besef dat hulle meer takties te werk moes gaan.

Die All Blacks se skopwerk was puik en hulle was, soos gewoonlik, by die afbreekpunte baas.

Die Wallabies het die druk op hulself met talle basiese foute vererger.

Die tuisspan het aan die einde van die eerste helfte weer lewe begin toon en goeie verdediging het hulle van die All Blacks se doellyn af weggehou.

Die Nieu-Seelanders was rustyd met 9-3 voor, maar kon in die tweede helfte nie die uitklophou plant nie – terwyl die Wallabies hul terugvegpoging voortgesit het.

Die All Blacks het in die laaste minuut vergeefs uit hul kwartgebied probeer aanval, maar 18 agtereenvolgende oorwinnings het nét so ver gelyk soos die Wallabies se doellyn.

Die rekord bly dus 17 – wat Richie McCaw se span nou deel met sy voorganger van 1969 en Nick Mallett se Springbokke van 1998.

Die huidige All Black-span het in 2012 laas verloor.


Die Wallaby-heelagter Israel Folau laat waai die bal in gister se stryd in Sydney. Foto: MATT KING/GETTY IMAGE
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 535 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 759 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.38
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE