Share

Werner anker skrum 99 uit 100 keer

Die cliché “hy is ’n ware spanman” is in die kol wanneer jy die Bulle se Werner Kruger moet beskryf.

Kruger het Vrydagoggend in Dunedin, Nieu-Seeland – toe hy hom by die Bulle se gesogte Klub 100 in Super-rugby aangesluit het – gewys jy hoef nie ’n skurwe kragman te wees om jou as ’n hardebaard in die voorry te onderskei nie.

Jy kon eintlik nie glo dié aangename 29-jarige vaskopstut is al by dié mylpaal toe hy die Bulle teen die Highlanders op die veld lei nie.

Waarskynlik omdat hy sy rugby sonder tierlantyntjies speel – stil, stemmig en onder die radar.

“Ek probeer maar net dit wat ek moet doen so goed moontlik doen. Ek is ’n stil ou en glo eerder in dade as woorde,” vertel hy beskeie.

En hoewel Kruger dalk nie eendag as ’n Jan Lock in die skrums onthou sal word nie, moet Kruger nie vlak gekyk word ná dit wat hy by die Bulle vermag het nie.

Hy was ’n lid van die gedugte Bulle-span wat in 2009 en 2010 die Super-trofee in Loftus Versfeld se vertoonkas laat staan het.

En hy het onder meer ook die merkwaardige “rekord” dat hy in 99 van die Bulle se laaste 100 Superrugby-wedstryde gespeel het.

Kruger het sedert 2008 in net een kragmeting – in 2010 toe die Bulle hulle sogenaamde naasbestes Kaapstad toe gestuur het om die Stormers te pak – nie sy span se skrum geanker nie.

“Dit was tot dusver ’n lang en ongelooflike reis.

“Dit is amper al agt seisoene – en die mylpaal is nogal ’n emosionele ding vir my.

“Ek is baie geseënd.

“Ek onthou my debuut nog goed. Dit was in 2008 in ’n volgepakte Nuweland teen die Stormers. Dit was ’n spesiale dag.”

Kruger het in 2011 en 2012 in vier toetse gespeel, maar met Jannie du Plessis wat hom sedertdien stewig gevestig het as die beste nommer drie in Suid-Afrika, was daar nog nie weer ’n kans in die Bok-trui nie.

“Ek sal graag nog ’n paar toetse wil speel. As jy eers vir die Springbokke gespeel het, bly dit iets waarna jy streef.”

Kruger betree immers op 29 die tradisionele beginjare van ’n geharde voorryman.

Hy vertel dit het harde werk geverg om die Bulle se skrum reg te ruk ná verlede jaar se gesukkel in dié afdeling.

“Ons het verlede seisoen nie die beste van tye in die skrums gehad nie, maar dit gaan vanjaar baie beter.

“Superrugby is ongelooflik taai. Jy moet elke wedstryd op jou beste wees. Jy kan werklik nie ’n afdag bekostig nie.”

Kruger sê hoewel hy nog nie begin dink aan stewels wegpak nie, sal 2009 se seisoen altyd ’n hoogtepunt vir hom wees.

“Ons het daardie seisoen die Superrugby-trofee en Curriebeker op Loftus Versfeld verower. Jy kry nie beter as dít nie en dit was ’n puik jaar vir die Bulle.

“Afgesien van daardie jaar, is die goeie vriende wat ek deur rugby ontmoet het die ander groot hoogtepunt.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 478 votes
No! It's time to move on ...
35% - 263 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE