Share

Whiteley pure Bok in drieëfees

Met súlke rugby gaan die Leeus hul ondersteuners uit hul gate laat kruip en teruglok Ellispark toe!

Die Leeus het in ’n fees van drieë nege keer gaan druk teenoor die drie van die Kings.

Van dié nege drieë het die woelwater-flank Jaco Kriel twee bygedra. Die Blitsbok Kwagga Smith het sy Curriebeker-buiging in die tweede helfte ook met ’n drie gevier.

Die Leeus speel positiewe, konstruktiewe rugby en die giftige agterlyn hou daarvan om die bal rond te slinger.

Die Leeus het ’n gedugte pak, met ’n lostrio – die kaptein Warren Whiteley, Derick Minnie, Kriel én die plaasvervanger Willie Britz – wat met die bestes in Suid-Afrika kan saamgesels.

Whiteley, waarskynlik die mees onderskatte agtsteman in Suid-Afrikaanse rugby, het sy insluiting in die Springbokgroep in die plek van die beseerde Willem Alberts met nóg ’n spog-vertoning gevier.

Op sy beurt het Minnie soos altyd die donkiewerk gedoen, terwyl Britz seepglad ingeskakel het toe hy Kriel in die tweede helfte vervang het.

Die 20-jarige Jaco van der Walt, wat die beseerde Springbok-losskakel Marnitz Boshoff in die Leeus se beginspan vervang het, het weer met eer uit die stryd getree. Hy het met ’n paar skoppe pale toe verbrou, maar was andersins puik.

Van der Walt het met ’n strafskop en ses doelskoppe vir 15 punte geslaag.

Die Kings het eerste bloed geruik toe die vleuel Ronnie Cooke vroeg in die wedstryd ’n hanteerfout van die Leeus uitgebuit en gaan druk het.
Die Leeus het egter oomblikke ná die afskop teruggeslaan met ’n drie deur die senter Stokkies Hanekom.

Die besoekers se moeilikkheid het begin toe hul flank Themelani Bholi ’n geelkaart ontvang het.

In die tien minute dat hy langs die kantlyn was, het die Leeus twee drieë gedruk.

* Punte:
Leeus: 60 (25): Drieë: Jaco Kriel (2), Stokkies Hanekom, Robbie Coetzee, Ruan Combrick, Derick Minnie, Willie Britz, Andries Coetzee, Kwagga Smith. Doelskoppe: Jaco van der Walt (6). Strafdoel: Van der Walt.

Kings 19 (7): Drieë: Ronnie Cooke, Aidon Davids, Scott van Breda. Doelskoppe: Gary van Aswegen, Van Breda.


Stokkies Hanekom druk gister een van die Leeus se nege drieë. Foto: DUIF DU TOIT/GALLO IMAGES
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 424 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 900 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent-ruolie
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE