Share

... en Jean, Damian óók reg vir Bok-rugby

Jean de Villiers se kniebesering het genoeg herstel dat hy op ­16 Augustus op Loftus Versfeld die Springbokke teen Argentinië sal kan aanvoer in hul eerste toets in vanjaar se Rugby-kampioenskap.

De Villiers het al die Bokke se Junie-toetse misgeloop nadat hy die knie tydens ’n Superrugby-wedstryd teen die Cheetahs beseer het.

Die twee maande blaaskans wat hy gekry het, was dalk net die regte medisyne vir die veteraan, wat hoop om volgende jaar ’n slag na die Wêreldbeker-toernooi te gaan sonder dat ’n besering hom knelter.

Die Bok-groep van 30 sal volgende naweek óf die naweek daarna bekend gemaak word, afhangende van die Haaie se sukses in Superrugby.

Dan sal hulle van 4 tot 8 Augustus in Johannesburg bymekaar kom, voordat die toetsweek amptelik op 11 Augustus begin. Daar was nóg goeie nuus vir afrigter, Heyneke Meyer, oor sy gekrokte Bokke.

Pat Lambie, wat gister van die reserwebank vir die Haaie gespeel het, is ook weer wedstrydfiks nadat hy vroeg dié seisoen ’n boarmspier geskeur het, terwyl die Stormers-senter Damian de Allende óók slaggereed is.

De Allende is die soort groot, vernuftige speler waarvan Meyer baie hou – en met dié dat hy maklik in enige posisie tussen die driekwarte kan aantree, is dit waarskynlik dat hy weer ­opgeroep sal word ná die teleurstelling van sy eerste Bok-kamp.

De Allende moes dié met ’n kniebesering verlaat voordat hy kans gekry het om die Groen-en-Goud te dra.

Met die Kampioenskaps-spangroepe beperk tot net 30 spelers, raak veelsydige manne soos Lambie en De Allende goud werd.

Die Springbokke se mediese span is in voortdurende kontak met dié van die provinsies – en Eben Etzebeth sal ook vuur teen die Argentyne kan verskaf.

Hoe lank en in watter helfte Etzebeth sal speel, moet nog besluit word, maar die groot slot sal genoeg van sy gebreekte enkel en af-toon herstel het om reg te wees vir die Poemas.

Die loting pas die Bokke, wat nogal gespook het met die krukkelys tot dusver.

Hoewel die Poemas nie sonder handskoene gepak kan word nie, is hulle nie van dieselfde gehalte as die All Blacks en die Wallabies nie.

’n Interessante kopkrapper vir Meyer is wie om as derde skrumskakel te betrek nadat Fourie du Preez sy enkel teen Wallis gebreek het.

Jano Vermaak is ’n sterk moontlikheid, veral omdat hy al in die Bok-opset betrokke was, maar daar is fluistering dat die blink, jong Haai ­Cobus Reinach eindelik opgeroep gaan word.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 526 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 739 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.83
+0.3%
Rand - Euro
20.36
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE