Share

60-0: Kiwi’s baljaar

Hamilton. – Die All Blacks het gister hier die rekordboeke herskryf deur Ierland met 60-0 te verfrommel.

Dit was die Kiwi’s se grootste sege tot nog toe oor die Iere en het geen twyfel gelaat oor hul heerskappy in wêreldrugby nie. Hul vorige rekord teen die Iere was ’n oorwinning van 59-6 in 1992.
Gister se vertoning was uit die boonste rakke.

Die Kiwi’s het balbesit oorheers en puik verdedig, maar dit was veral hul aanvallende spel wat skouspelagtig was. Hul vermoë om die bal in kontak uit te gee en puik lyne op die aanval het die Ierse verdediging oorhoops gehad.

Dit was ook die perfekte antwoord op die kwelvrae wat uit die vorige Saterdag se broekskeur-sege gespruit het. Hulle het toe ’n skepdoel laat in die wedstryd deur Dan Carter nodig gehad om die Iere met 22-19 te klop.
Die All Blacks is gister in die eerste helfte ontwrig met ’n besering aan die losskakel Aaron Cruden.

Met Carter wat weens ’n dyspierbesering nie kon speel nie, is Cruden met die Hurricanes se belowende Beauden Barrett vervang.

Die Kiwi’s se ritme het egter hoegenaamd nie daaronder gely nie.

Hulle was in elk geval ná 25 minute reeds met 26-0 voor, met Cruden wat ’n skeppende rol in die drieë tot op daardie punt gehad het.

Dis ook duidelik dat daar nog baie rugby in die All Black-kaptein Richie McCaw steek. Sy werkverrigting was ongelooflik.

Sam Cane het as oopkantflank goed saam met McCaw gejag.

Ierland se kaptein, Brian O’Driscoll, was verslae ná die nederlaag.

“Dis ’n verleentheid om met só ’n telling te verloor.

“Ons was ná 20 minute reeds met 0-21 agter en sou altyd ’n opdraande stryd voer om terug in die wedstryd te kom.

“Ons het te veel foute gemaak,” het O’Driscoll gesê.

* Punte:
All Blacks 60 (29): Drieë: Sam Cane (2), Sonny Bill Williams (2), Ben Smith, Hosea Gear, Liam Messam, Israel Dagg, Adam Thomson. Doelskoppe: Beauden Barrett (3), Aaron Cruden (2), Israel Dagg. Strafdoel: Barrett. – Stephen Nell
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 333 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 471 votes
Vote
Rand - Dollar
18.95
-0.3%
Rand - Pound
23.96
-0.3%
Rand - Euro
20.46
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.3%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,012.02
+1.0%
Gold
2,214.22
+0.9%
Silver
24.75
+0.4%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE