Share

Bod toegeslaan op ... onsself!

Die afslaersfirma Auction Alliance (AA) het die bekende woonplek van oudpres. PW Botha op Wildernis, Die Anker, vier jaar gelede aan AA se eie direksievoorsitter verkoop.

Rael Levitt, wat vroeër vanjaar as uitvoerende hoof van AA bedank het ná ’n debakel oor die verkoop van ’n wynlandgoed aan die miljardêr Wendy Appelbaum, het in Oktober 2008 as afslaer opgetree en Die Anker aan Sango Ntsaluba, ’n skatryk sakeman van Johannesburg, tydens ’n telefoonbod verkoop.

Ntsaluba, uitvoerende hoof van die swartbemagtigingsgroep Amabubesi, is steeds die voorsitter van die AA-direksie.

Die bod is vir R3,6 miljoen op hom toegeslaan, maar saam met ander koste het hy net meer as R4 miljoen betaal.

Sy verbintenis is nie ná die veiling aan die publiek of in AA-mediaverklarings bekend gemaak nie, maar AA se prokureur sê die Botha-familie is wel daaroor ingelig.

Hoewel dié nie-bekendmaking nie onwettig was nie, strook dit nie met die gedragskode van die Nasionale Afslaersvereniging (’n internasionale beheerliggaam) nie, het Tirhani Mabunda, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut van Afslaers (Saia), aan Rapport gesê.

Die kode bepaal dat “afslaers nie professionele dienste sal lewer indien hulle – of lede van hul onmiddellike familie, of hul firma, of liggaam waarin hulle ’n eienaarsbelang het – nie eers daardie belange bekend maak nie”.

Ntsaluba het, volgens berigte destyds, ’n halfuur ná die veiling by die huis aangekom.

Hy het in sy motor gebie terwyl hy na Wildernis op pad was.

Dié feite is deur ’n AA-werknemer wat anoniem wil bly aan Rapport bevestig.

“Toe hy daar aankom, het hy gesê: ‘Nou laat ons sien wat ek gekoop het!’”

Botha het van 1982 tot sy dood in 2006 in Die Anker gewoon.

Levitt is begin vanjaar onder ’n wolk by AA weg nadat Appelbaum hom by die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) verkla het weens “foutiewe veilingsprosedure” vir die Stellenbosse wynlandgoed Quoin Rock.

Sy het beweer die prys is deur ’n “spookbieër” opgejaag en dat “ek teen myself gebie” het.

Die afgelope week het die Kaapse hooggeregshof die NVK se dagvaardings aan Levitt, Ntsaluba en Bruce Sneddon, waarnemende hoof van AA, om voor dié liggaam te verskyn, tersyde gestel.

Sneddon het by navraag gesê hy was tydens die veiling van Die Anker nog nie ’n werknemer van AA nie. “Ek weet nie wat daar gebeur het nie.”

Hedley Harris, hoof van die Kollege van Afslaers, sê hy beskou die nie-bekendmaking van die Ntsaluba/AA-belang as “oneties”.

“Dis so goed jy verkoop die plek aan jouself.”

Nico Maree van die afslaersfirma Park Village Auctions, en direkteur van klagtes by Saia, sê hy stem saam.

In sy hoedanigheid as Park Village-direkteur meen hy “die etiese kwessie is belangrik – dat deursigtigheid oor werknemers as bieërs van die uiterste belang is.

“Park Village laat nié werknemers as bieërs toe sonder die geskrewe goedkeuring van die direkteure nie.”

* ’n Telefoniste by Amabubesi wou Rapport nie deurskakel na die kantoor of Ntsaluba se kontakbesonderhede verskaf nie.

Reaksie van Alan B. Smiedt, AA-regsverteenwoordiger:

* Die veiling is in 2008 gehou, drie jaar voor die inwerkingstelling van die Verbruikersbeskermingswet;
* In daardie stadium was daar geen regsvereiste of standaard wat bepaal het bieërs moet registreer nie;
* Ntsaluba se identiteit is ten volle openbaar gemaak, asook dat hy nie-uitvoerende voorsitter van die Alliance-groep was;
* Hy hét aanvanklik per telefoon gebie, maar het teen die afsluiting van die veiling in persoon deelgeneem;
* Hy het die eksekuteur van oudpres. PW Botha se boedel – ’n kleindogter van Botha – ontmoet en onmiddellik sy verbintenis met AA bekend gemaak;
* Die bedrag van R4 miljoen is as ’n uitstekende prys vir die eiendom beskou. Dit is in die mark geplaas pas nadat Botha gesterf het.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE