Share

Borrie dokter oud-Bok glo perdfris

Die oud-Springbok-rugbyspeler Rob Louw – tot onlangs toe nog ernstig siek weens kanker – eet borrie om te lewe.

In November en Desember verlede jaar is Louw (54) met die hulp van die sakemagnaat Johann Rupert in Houston, Texas, vir metastatiese melanoom, ’n aggressiewe velkanker, behandel.

Die personeel by die M.D Anderson-kankersentrum het hom vertel van ’n “wonderboek” oor kankerbestryding – Anticancer: A New Way of Life, deur David Servan-Schreiber.

Louw het dit gelees en dit het sy lewe verander.

Hy is nou terug by die huis en oënskynlik springlewendig en gesond – en hy skryf dit toe aan die boek.

“Dit gaan goed en ek is positief. Ek word volgende week weer getoets of ek kankervry is,” sê hy.

Louw het die afgelope Vrydag na sy huis in Durbanville teruggekeer nadat hy ’n paar dae iewers aan die kus gaan branderplankry het.

Servan-Schreiber se raad – om veral borrie, asook swartpeper en groentee – by jou daaglikse dieet in te sluit, is ’n leefwyse vir die hele Louw-gesin.

“Ons eet so twee, drie keer per week kerrie, hoofsaaklik om die borrie in te kry,” vertel Louw. “Ons hou in elk geval baie van kerrie.”

En dan is daar Louw se “perfekte kon­kok­sie – nie lekker nie, maar goed vir ’n mens”: Dis om soggens vroeg groentee, gemeng met borrie en swartpeper, te drink. Die tee moet minstens 10 minute trek, sê hy.

“Gooi ’n bietjie lemoen by as dit te sleg is. Of gooi die borrie en swartpeper in sop of by vis.”

Louw se oudste dogter, Roxy, ’n model en kranige branderplankryer, drink daagliks saam met haar pa dié mengsel. Die swartpeper help glo dat jou liggaam die borrie beter absorbeer.

Volgens Louw het ’n kankernavorser aan hom vertel navorsing word nou gedoen oor borrie se kankerwerende eienskappe.

Daar is ook bevind die voorkoms van kanker in Indië is laag, moontlik vanweë die ruim gebruik van dié spesery daar.

Servan-Schreiber se boek is soos ’n gesondheidsbybel in hul huis, sê Louw se vrou, Azille.

Sy vertel Servan-Schreiber, ’n wetenskaplike en dokter, het 15 jaar gelede breinkanker opgedoen.

Saam met die mediese wetenskap, het hy besluit, moet die liggaam se natuur­like vermoë om kanker te beveg ook ingespan word.

Servan-Schreiber verduidelik in besonderhede hoe en waarop kankerselle floreer, soos onder meer witmeel en verfynde suiker, en watter voedingstowwe die groei daarvan teëwerk.

“Dit draai alles om die liggaam se immuunstelsel en hoe om dit op te bou. Kankerselle is in ons almal teenwoordig en ons moet verhinder dat dit floreer,” sê Azille.

Oor witsuiker en witmeel voel Rob sterk. “Los dit uit. Dis dodelik.”

Dit is geen wondermiddel, waarsku kenner
Borrie is nie ’n wondermiddel teen siektes nie. So ’n aanspraak sou sensasioneel en pseudo-wetenskaplik wees “omdat die sogenaamde gesondheidsvoordele van kruiemiddels altyd gesien moet word binne die konteks van ’n gebalanseerde dieet en lewenstyl,” sê dr. Dawie van Velden, deeltydse lektor aan die fakulteit gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.
Van Velden is ’n kenner van holistiese gesondheidsorg en ’n wetenskapsverslaggewer.
“?’n Dieet wat ryk is aan plantaardige produkte beskerm die mens teen chroniese siektes soos kardiovaskulêre siektes, kanker en diabetes,” verduidelik hy. “Dit stimuleer genesing en bevat anti-inflammatoriese en anti-karsinogeniese eienskappe.”
Van Velden sê hartsiektes word nie veroorsaak deur cholesterol nie, “maar daar is êrens in die liggaam ’n inflammatoriese reaksie aanwesig wat byvoorbeeld die endoteel van die bloedvate beskadig”.
Volgens hom hang die uitwerking van voedingstowwe op die liggaam ook af van ’n persoon se genetiese samestelling.
“Dis gevaarlik om dieet-komponente in isolasie te sien. Die verskillende fito-chemikalieë werk sinergisties saam om gesondheid te bevorder.
“Die mediese wetenskap skep die indruk dat ‘mono-intervensie’, soos farmakologiese medisyne, siektes kan genees.
“Voeding werk net nie so nie. Dit is dus ’n kombinasie van verskillende faktore wat ’n rol kan speel in die uitwerking wat dit op die liggaam het.”
Borrie blyk wel voordelige eienskappe te hê, sê Van Velden, maar is geensins ’n “wondermiddel” soos dit dikwels deur tradisionele genesers beskryf word nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 509 votes
No! It's time to move on ...
34% - 268 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.42
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
930.00
+0.5%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,334.45
+0.1%
Silver
27.49
+0.2%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE