Kgalalelo Masibi, woordvoerder, het gister gesê adv. Thuli Madonsela se teenwoordigheid by die DA-saamtrek was deel van haar grondwetlike plig om toeganklik vir mense en gemeenskappe te wees.
Dr. Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, het Vrydag gesê Madonsela se bywoning van die DA-saamtrek “is kommerwekkend omdat dit haar kantoor blootstel aan indrukke van politieke vooroordeel”.
Volgens Masibi was die hooffokus van die OB se toespraak op haar rol in een van die owerhede vir openbare aanspreeklikheid. “Mense is ook aangemoedig om klagtes oor Hop-huise en dienslewering aan te meld.”