Share

Erg ‘onbybelse’ Noag

Die omstrede Noah, ’n fliek wat op die Bybelse verhaal van die sondvloed gegrond is, het hom nou ook vasgeloop in Suid-Afrikaanse Christen- en Moslemgroepe wat sê gelowiges moet dié fliek vermy.

Die charismatiese His People-kerk, wat veral in die Wes-Kaap groot gemeentes het, het Vrydag in ’n verklaring Christene aangemoedig om die rolprent te boikot omdat dit “disrespekvol is teen lede van die Joodse en Christelike gemeenskap”.

“Ons glo nie die rolprent is die geld of tyd werd om te sien nie.”

His People sê die rolprent is glad nie op die Bybel gegrond nie en gebruik eerder die esoteriese Kabbala as inspirasie. Daarby mislei Ster-Kinekor en Nu Metro glo mense as hulle na die rolprent as ’n “Bybelse epos” verwys. Die kerk sê as ’n mens meer oor Noag wil weet, moet jy liewer die Bybel lees.

Ook die Moslem Juridiese Raad (MJR) het hom teen die fliek uitgespreek.

Sheikh Riad Fataar, adjunk- president, het gister gesê enige uitbeelding van ’n Moslem-profeet of -boodskapper is onaanvaarbaar.

“Dit ondermyn hul heiligheid en alle gelowiges moet dit vermy,” het hy gesê.

Hy sê mense moet aangemoedig word om nie die fliek te gaan kyk nie “sodat rolprente soos dié nie geld maak nie”.

Noah het groot opslae onder konserwatiewe Christene in Amerika gemaak, veral nadat die regisseur, Darren Aronofsky, dit as die “mins Bybelse Bybelse fliek nóg” bestempel het. Aronofsky meen Noag was die wêreld se eerste omgewingsaktivis.

Alle Christene stem egter nie met His People saam nie.

Ds. Jannie Pelser, die charismatiese NG predikant van Krugersdorp wat daarom bekend is dat hy nie veel ooghare vir die “goddelose” Hollywood het nie, sê hy het die fliek geniet.

“ ’n Mens moet met ’n oop gemoed gaan en nie ’n geestelike ervaring verwag nie,” het Pelser gesê nadat hy Vrydag die fliek gesien het.

Hy beskryf Noah as “tipies Hollywood: skouspelagtig en ontstellend”.

Maar hy sal dit beslis nie wil boikot nie.

’n Christen-egpaar, Leo en Antoinette van der Meer, wat die prent by die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg gesien het, sê hulle het albei daarvan gehou.

“Dis ’n goeie fliek. Dit laat jou terugdink na waar die mens begin het,” het Leo van der Meer gesê.

In Kaapstad se V&A Waterfront het fliekgangers gister gemengde gevoelens oor die prent gehad.

Noah is reeds in Maleisië, Katar, Bahrein, Egipte, Indonesië en die Verenigde Arabiese Emirate verbied.

* Lees hier wat sê Leon van Nierop oor Noah.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 946 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE