Share

Fees in Bloem ‘net vir politici’

Die Macufe-kunstefees in Bloemfontein het belastingbetalers verlede jaar ’n rekordbedrag van R50 miljoen gekos.

Terwyl nasionale kunstefeeste soos die KKNK en Aardklop op hul eie bene moet staan om te oorleef, bestee die regering al 17 jaar lank jaarliks miljoene aan ’n kunstefees wat glo “eintlik net ’n partytjie vir politici en hul vriende en familie” is.

Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het die afgelope week in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA gesê die Vrystaatse departement van sport, kuns en kultuur (VDSKK) het R39 miljoen vir verlede jaar se fees bygedra en die nasionale departement R2 miljoen.

Volgens ’n verslag van die Mangaung-munisipaliteit, waarvan Rapport ’n afskrif bekom het, het die metro nog R9,3 miljoen bygedra.

Die VDSKK, wat die fees reël, kon net meer as R7 miljoen deur kaartjieverkope insamel en R3,3 miljoen van borge. Ondanks die jaarlikse verlies van miljoene het die VDSKK geen plan om die fees te laat vaar nie. Trouens, reëlings vir vanjaar se fees, wat soos gebruiklik in Oktober gehou sal word, is reeds op dreef.

Volgens Tankiso Zola, woordvoerder van die VDSKK, is geen maatreëls ingestel om ’n finan­siële verlies vir vanjaar se fees te voorkom nie omdat dit nie nodig is nie.

Macufe is ’n regeringsinisiatief en die regering finansier dit. Dit beteken nie dit toon ’n “verlies” nie, het hy gesê.

“Die aard van die fees en ander soortgelyke projekte is nooit gegrond op ’n rand-vir-rand-grondslag nie,” het hy gesê.

Die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom se totale begroting wissel jaarliks tussen R20 miljoen en R25 miljoen.

Aardklop het verlede jaar slegs R190 000 van die regering ontvang.

Die Vryfees in Bloemfontein het verlede jaar R6 miljoen gekos. Dié fees het R200 000 van die VDSKK gekry en kry soms geld van die Nasionale Loteryraad.

Organiseerders van die feeste het gesê hulle moet borge nader en inkomste deur kaartjieverkope genereer om te oorleef.

Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaatse wetgewer, het gesê dit is vergesog dat die Macufe-fees belastingbetalers jaar ná jaar miljoene kos.

“Daar is baie kunstefeeste in die land wat selfonderhoudend is en die regering nie ’n sent kos nie. As die regering geld wil gee vir feeste, moet dit oor alle gemeenskappe heen versprei word sodat alle kulture en taalgroepe bevoordeel kan word.”

Volgens ingeligtes is die fees ’n nes van korrupsie en nepotisme en trek veral politici voordeel uit die fees.

In 2011 het ’n enkele regeringsdepartement in die Vrystaat R435 000 aan Macufe-kaartjies bestee wat glo uitgedeel is aan politici, regerings-amptenare en hul vriende en familie.

Volgens Jankielsohn is dit grootliks politici en hul vriende wat geld maak uit die fees, en nie kunstenaars nie.

“Politici kry gratis drank en BBP-kaartjies, wat ’n fortuin kos.”

Zola wou nie sê wat die VDSKK se begroting vir vanjaar se fees is nie. Hy het gesê dit sal tydens die LUR se begrotingsrede bekend gemaak word.

Wat is die Macufe-fees?

* Macufe is die Mangaung Cultural Festival.

* Die fees vind jaarliks in Oktober in Bloemfontein in die Vrystaat plaas.

* Die fees is vir die eerste keer in 1997 gehou.

* Die Macufe-fees fokus op Afrika-kuns en -kultuur.

*  Die fees word deur die Vrystaatse departement van sport, kuns en kultuur gereël.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 327 votes
No! It's time to move on ...
36% - 182 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pound
23.75
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
907.10
-0.6%
Palladium
987.00
-1.8%
Gold
2,327.23
+0.5%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,289
-0.4%
All Share
74,252
-0.4%
Resource 10
61,497
+1.7%
Industrial 25
102,616
-1.3%
Financial 15
15,836
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE