Share

Fliek sukkel: Die talent is daar, maar nie die geld

’n Geldkrisis het veroorsaak dat bekende akteurs en sangers ’n dag voordat skietwerk aan ’n nuwe Afrikaanse musiekrolprent moes begin, meegedeel is die produksie is tot later vanjaar uitgestel.

Onder hulle is Mimi Coertse, Matthys Roets, Frank Opperman en Casper de Vries.

Die jong sangeres Charlize Berg het talle vertonings en ’n hoofrol in ’n ander rolprent van die hand gewys om aan Talent te werk.

Toe moes sy hoor daar is nie tans geld om dit te verfilm nie.

Die komediant Casper de Vries het ook sy dagboek oopgehou vir dié rolprent.

De Vries en Berg koester egter nie kwade gevoelens teenoor die vervaar­digers nie.

“Dit is maar hoe dit in die bedryf gaan. As daar nie genoeg geld is nie, kan die produk nie gemaak word nie.

“Ek verstaan hul posisie,” het De Vries gesê.

Talent handel oor ’n sangkompetisie. ­Musiek van ou Afrikaanse treffers tot kwaito en operamusiek word gebruik om die storie te vertel.

Cobus Rossouw, vervaardiger, sê dit is waar dat kunstenaars en die produksiespan hul dagboek oopgehou het, maar die omstandighede is ongelukkig buite enigiemand se beheer.

“Almal is betaal vir werk wat gedoen is per kontraktuele ooreenkomste.”

Hy sê ’n private belegger, wat 25% van die produksiekoste sou finansier, het ’n geldelike krisis beleef wat daartoe gelei het dat die fliek uitgestel moet word. Skietwerk word nou vir Oktober beplan.

Rossouw sê voorts Talent gaan ’n “baanbreker” wees in die Afrikaanse rolprentbedryf.

“Dit vertel die storie van ’n versugting na roem en sukses. Dis propvol komedie, drama en liefde.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1146 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1224 votes
Vote
Rand - Dollar
19.16
+0.3%
Rand - Pound
23.95
+0.0%
Rand - Euro
20.53
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.49
-0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
917.20
+0.6%
Palladium
1,009.00
+0.4%
Gold
2,322.34
+0.3%
Silver
27.34
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,735
+0.2%
All Share
74,655
+0.2%
Resource 10
61,869
+2.4%
Industrial 25
103,378
-0.6%
Financial 15
15,845
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE