Share

Geliefdes vier Christa Steyn se lewe

Musiek het Vrydag die historiese gebou van die NG gemeente Pretoria-Oos gevul toe geliefdes die lewe van die komponis, liedjieskrywer, pianis en vervaardiger Christa Steyn gevier het.

Steyn is Maandag, enkele dae voor haar 54ste verjaardag Vrydag, weens bors- en lewerkanker dood.

Haar gedenkdiens was soos wat sy dit wou gehad het: kore, stryk- en blaasinstrumente, orrel en klavier wat musiek in ’n gewyde atmosfeer gemaak het, maar met ’n skoot humor danksy bedankings wat sy self geskryf het.
Bekendes soos haar jarelange musiekmaat Jannie du Toit, Coenie de Villiers, Anna Davel, Lize Beekman, Sonja Herholdt, Rina Hugo, Johan van Rensburg, Mathys Roets, Sorina Erasmus (Die Flooze), Richard van der Westhuizen, Carel Trichardt en Petru Wessels het die diens bygewoon.

Terwyl mense die kerk volgepak het, het die winterson deur die kerk se hoë geel vensters ingeskyn.

Voor in die kerk was ’n groot foto van Steyn en ’n bos Christa Steyn-rose van die Pretoriase roosboer Ludwig Taschner.

Die orrelis Ockie Vermeulen en ander musikante het onder meer ’n verwerking van Steyn se liedjie Ek wil vir jou gespeel.

Toe ds. Marina Strydom met die diens begin, het die son ’n paar sekondes agter wolke ingeskuif.

Die teksvers wat Strydom gebruik het, was op Steyn se versoek 2 Korinthiërs 12:9: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

Dit eggo Steyn se boodskap aan Kwêla-kykers in ’n aangrypende onderhoud met Coenie de Villiers wat die afgelope week weer uitgesaai is.

Gevorderde kanker is sowat ’n jaar gelede by Steyn gediagnoseer.

Strydom sê sy het selfs tydens groot pyn en lyding steeds geglimlag en gesê: “Dit gaan goed.”

Met die hou van die gedenkdiens op haar verjaardag word Steyn se verjaardag “die simbool van die nuwe werklikheid wat sy betree” .

Strydom het daarna verwys dat Steyn op gesogte verhoë opgetree het en op indrukwekkende klaviere gespeel het, maar agter die skerms eindelose moontlikhede vir baie mense geskep het.

De Villiers het op versoek van Steyn bedankings gelees wat sy vooraf geskryf het.

Sy het onder andere vir Du Toit bedank, met ’n tikkie humor.

“Hy was altyd die minste. Ek was altyd reg, soos julle weet. Ek het altyd gemaak of dit Jannie was wat verkeerd gesing het.”

Haar boodskap aan almal was: “Ek is gelukkig en voel ongelooflik geseënd.”

Ná die diens is haar bekende en opgewekte komposisie vir klavier en orkes Rondo gespeel, wat spesiaal deur Vermeulen vir die geleentheid verwerk is.

Dit het, vir oulaas, tot staande applous gelei.

Haar lewe en loopbaan
1958: Christina Maria Schutte op 15 Junie in Krugersdorp gebore.
1964: Begin klavierles neem by Martie Koornhof.
1969: Word ’n student van die vermaarde Adolph Hallis. Maestro Hallis sê sy speel nie Beethoven nie, maar Schutte. Speel wel ’n Beethoven-sonate oor die radio.
1970: Gaan studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers.
1971: Dit gaan swaar met die oefenry. Sy verstaan nie teorie nie, druip teorie-eksamen derde keer. Maar speel saam met simfonie-orkes.
1972: Groot jaar ­– Christa slaag teorie-eksamen met lof!
1979: Doen musiekregie van studenteproduksie.
1980: Skryf eerste liedjies.
1981: Eerste liefde en ander liedjies word opgeneem.
1982 en 1984: Wen komposisie-afdeling van Crescendo.
1984: Liedjies soos Aan die einde van die reënboog en Ek wil vir jou word gebore.
1986: Christa en Jannie du Toit werk eerste keer saam, aan Blik en Snaar, die verhaal van Afrikaanse musiek. Talle verhoogproduksies sou volg.
1986: Eerste plaat, Aan die einde van die reënboog, word opgeneem. Neem uiteindelik tien solo-albums in loopbaan op.
1988: Word musiekregisseur van Crescendo.
1989: Maak plaat/CD met nasionale simfonie-orkes: Spirit of Ecstacy kry verskeie toekennings.
1991: Begin musiek skryf vir TV-stories en dokumentêre programme. Word kursusleier van ATKV se Ligteliedjiewerkskool.
1995: Christa speel die meesters word uitgereik - haar gewildste album.
2004: Aangewys as ATKV se Afrikaanse Liedjieskrywer van die Jaar
2005: Jannie en die Tannie debuteer by die KKNK.
2006: Studio of Note kom tot stand: verwesenliking van jarelange droom vir haar eie professionele opname-ateljee.
2007: DVD Jannie en die Tannie wen ’n Oskar by die Vonk-musiektoekennings
2008: Betrokke by Houtkruis – die musical, eerste Afrikaanse gospel-musiekspel.
2011: Sy en Jannie deur ATKV vereer vir hul jarelange bydrae tot Afrikaanse ligte musiek en sang.
2011: Gevorderde bors- en lewerkanker by haar gediagnoseer.
Bron: www.christasteyn.co.za


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Election day is approaching, have you made your voting decision?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, I still haven't made up my mind
27% - 2601 votes
Yes, I know where my ‘X is going
73% - 6978 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.1%
Rand - Pound
23.70
+0.0%
Rand - Euro
20.45
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.39
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
918.40
-1.3%
Palladium
1,000.50
-1.5%
Gold
2,302.47
-1.1%
Silver
26.85
-1.2%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
67,497
0.0%
All Share
73,551
0.0%
Resource 10
60,937
0.0%
Industrial 25
101,060
0.0%
Financial 15
15,616
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE