Share

Gemeente weerhou skenkings ná leraar se ontslag oor egskeiding

Ontstelde gemeentelede van ’n NG gemeente aan die Wes-Rand weier om hul beursies oop te maak wanneer die kollektebordjies omgestuur word uit protes omdat hul predikant ontslaan is nadat hy van sy vrou geskei is.

Gemeentelede van die NG kerk Randpoort word verder aangemoedig om by vanoggend se erediens op te daag met rooi linte om die arm ter ondersteuning van hul 34-jarige predikant, ds. Johan van der Merwe. Van der Merwe is ­vroeër deur die ring van Randpoort – ’n groepering van sewe NG gemeentes aan die Wes-Rand – van sy amp onthef, omdat hy van sy vrou geskei is.

Sewentien gemeentelede, wat hulself die “Groepie Bekommerde Gemeentelede” (GBG) noem, beweer egter Van der Merwe is ontslaan sonder dat sy eie kerkraad kans gehad het om sélf oor die aangeleentheid te besin.

Die Van der Merwe-egpaar is reeds in 2012, enkele maande ná hul troudag, uitmekaar.

Van der Merwe beweer kort nadat hy die kerkraad ingelig het van sy huweliksprobleme het die kerkraadvoorsitter, Sarel Steyn, sonder die medewete van die res van die kerkraad die ring van Randpoort genader met ’n lys klagtes oor die dominee.

Die ring het daarna vyf klagte teen hom geformuleer en ná ’n 18 maande lange ondersoekproses is hy op slegs een skuldig bevind: “erge – egskeiding”.

Volgens ds. Nico van Rensburg, voorsitter van die Randpoort-ring, het die ring toe aanbeveel dat “die band met ds. Van der Merwe en dié gemeente losgemaak moet word”.

In korrespondensie met Van der Merwe sê Van Rensburg dit beteken nie dat hy “afgedank of ontslaan” is nie. Gevra wat dit beteken, het Van Rensburg aan Rapport gesê “sy bevoegdheid (om as predikant te werk) is nie van hom weggeneem nie”. Hy is egter nie meer Randpoort se dominee nie en word nie meer deur die gemeente betaal nie.

Van der Merwe se afskeidspreek op 23 Februarie is met skok deur gemeentelede begroet, omdat baie nie die erns van die klagte teen hom besef het nie.

Volgens Elona Uys, ’n gemeentelid, het 75% van die gemeente in ’n onlangse meningspeiling gestem dat Van der Merwe heraangestel moet word. Hulle eis ook antwoorde op ’n lys van meer as 140 vrae wat hulle aan die ring gestuur het.

Hulle wil onder meer weet hoe daar bepaal is dat Van der Merwe nie meer sy gemeente “met vrug” kan bedien nie.

“Waarom word ons dominee afgedank omdat hy geskei is?” lui nog ’n vraag.

Van Rensburg staan egter voet by stuk en sê die beslissing is finaal en onomkeerbaar. Hy sê minder as die helfte van die gemeente het aan die peiling deelgeneem.

Van der Merwe het intussen begin om regte te studeer omdat hy in die kinderhof wil optree waar hy as regsgeleerde én predikant families wil bystaan wat nie regshulp kan bekostig nie. Hy het besluit om nie regstappe teen die kerk te neem nie, omdat hy “die saak nie só wil hanteer nie”.

“Ek het die ring van Randpoort by herhaalde geleentheid om vergifnis gevra en gepleit om versoening tussen my en die gemeente, asook met die ring, maar die moontlikheid is telkens van die hand gewys.”

Intussen moedig die GBG gemeentelede aan om alle debietorders, betalings, dankoffers, kollektes en basaarhulp aan die kerk te staak tot tyd en wyl die ring hul pleidooie “ernstig begin opneem”.

Hul brief lui verder: “Ons het lief geraak vir hom (Van der Merwe)... foute en al en ons sien die goedheid in sy hart raak. Daarom kan ons mos nie toelaat dat hy soos ’n misdadiger behandel en soos ’n hopelose sondaar op die ashoop gegooi word nie?”


Ds. Johan van der Merwe (34) soos sy gemeente hom ken: agter sy wit klavier in die pastorie van die NG kerk Randpoort. Hy is reeds kennis gegee dat hy hier moet padgee.| Foto: Mary-Ann Palmer

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 1912 votes
No! It's time to move on ...
32% - 915 votes
Vote
Rand - Dollar
18.62
+0.9%
Rand - Pound
23.32
+0.7%
Rand - Euro
19.95
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-1.3%
Platinum
963.20
+1.8%
Palladium
955.50
-0.2%
Gold
2,318.80
+1.4%
Silver
26.67
+1.5%
Brent Crude
86.33
-1.0%
Top 40
69,925
-0.7%
All Share
76,076
-0.5%
Resource 10
61,271
-4.5%
Industrial 25
105,022
+0.4%
Financial 15
16,591
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE