Share

Hospitaal-Kersfees wink vir Mandela

Aan die vooraand van Kersfees het oudpres. Nelson Mandela Saterdagaand sy 14de aand in die hospitaal deurgebring.

Hy is twee weke gelede weens ’n longinfeksie en galstene opgeneem.

Pres. Jacob Zuma het hom gister in die Mediclinic-hart­hospitaal in Pretoria besoek.

Zuma het rustig gelyk en die enkele mense in die ontvangsgebied vriendelik gegroet toe hy uitloop.

Die presidensie het gistermiddag in ’n verklaring gesê Mandela reageer steeds op behandeling. “Ons vra Suid-Afrikaners om in hierdie tyd voort te gaan om vir ons geliefde ­Madiba te bid,” het ­Zuma in die verklaring gesê.

Zuma het sy toespraak by die afsluiting van die ANC se leiersberaad in Bloemfontein Donderdag gebruik om te sê Mandela was die laaste tyd ernstig siek. Tog verbeter sy toestand geleidelik, het ­Zuma bygevoeg.

Die 94-jarige Mandela is aanvanklik vir ’n longinfeksie behandel en het verlede Saterdag ook ’n prosedure ondergaan om galstene te verwyder.

Sedert hy in 1990 vrygelaat is, is dit die langste wat Mandela in die hospitaal was.

“Soos ons almal weet, is Madiba ’n ongeëwenaarde vegter en was nog altyd een,” het Zuma Donderdag gesê.

“Hy het al sy gesondheidsuitdagings met geweldige dapperheid en krag tegemoetgegaan.

“Hy waardeer die steun van die hele nasie in hierdie moeilike tyd.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 968 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1011 votes
Vote
Rand - Dollar
19.23
-0.6%
Rand - Pound
23.92
-0.5%
Rand - Euro
20.55
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.49
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
915.60
-0.5%
Palladium
1,013.00
-1.3%
Gold
2,329.25
+0.3%
Silver
27.28
-0.1%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,614
+0.8%
All Share
74,549
+0.7%
Resource 10
60,527
+1.5%
Industrial 25
103,873
+1.0%
Financial 15
15,875
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE